Gebrek aan inligting is lewensgevaarlik

Gebrek aan inligting is lewensgevaarlik

Baie keer dink mense dat hul genoegsaam geïdentifiseer sal kan word wanneer trauma toeslaan. Daar is ʼn motorplakker op my voertuig se ruit, ek het my beursie, handsak en selfoon byderhand.

  • Motorplakker – Die plakker bevat nie die lidnommer nie en koppel nie met ʼn spesifieke persoon in die voertuig nie. Het dus nie veel nut nie. Trauma gebeur ook in baie gevalle weg van ʼn voertuig.
  • Selfoon en skootrekenaar – Hierdie items word maklik gesteel, breek en kan ook in die meeste gevalle nie aan ʼn spesifieke persoon gekoppel word nie.
  • Handsak en beursie – Kan nie altyd aan ʼn spesifieke persoon gekoppel word nie en word dikwels deur omstanders gesteel.
  • Mediesefondskaart – Hierdie kaart kan nie altyd aan ʼn spesifieke pasiënt gekoppel word nie. Daar is nie ʼn foto op die kaart nie. Dit word ook in baie gevalle saam met die handsak of beursie gesteel.
  • Juweliersware – Kettinkies ruk maklik af, verdof en word saam met persoonlike besittings gesteel.

Die diefstal van persoonlike besittings op botsingstonele is reeds verskeie kere in die media aangespreek. Senior Superintendent Alta Fourie van die Tshwane Metropolisie het dit in die media soos volg beskryf: “The theft of personal items at an accident scene is an unfortunate reality.”

Carte Blanche sê die volgende oor die koppeling van pasiënte aan hul besittings: “It is easy in an emergency – a car accident or hijacking – to be separated from your wallet or your purse containing your medical aid card. The ability to produce this information at a private hospital may lead to a delay that could compromise your chance of survival.”

CrisisOnCall se navorsing sedert 2000 het getoon dat die rubber/geweefde bandjie die oplossing bied.

  • Is die gebruik van enige bandjie dan effektief? Nee, die persoonlike inligting van pasiënte is vertroulik en moet volgens wetgewing op ʼn sekere wyse hanteer word. Weet jy of jou inligting veilig is? Weet jy of jou identifikasiemiddel bekend is onder paramedici?
  • Die identifikasiestelsel moet toeganklik wees maar tog verseker dat persoonlike inligting nie in die verkeerde hande beland nie.
  • Bandjie moet vir die eienaar van waarde wees maar nie vir die omstander nie.
  • In die lig van bogenoemde het CrisisOnCall ʼn bandjie ontwikkel saam met die gebruiker, paramedici, wat reeds vir meer as 14 jaar gebruik word. Paramedici is die persone wat inligting moet bekom en daarom is dit belangrik om na hulle behoeftes om te sien sodat hul kennis en die inligting effektief gebruik kan word om ʼn lewe te red. Die CrisisOnCall identifikasiestelsel voldoen ook aan al die betrokke wetgewing.
  • Saam met die CrisisOnCall identifikasiesisteem gaan ook die bepaling van die regte hospitaal terwyl paramedici besig is om die pasiënt te stabiliseer en ook die in kennis stel van naasbestaandes.Ons leef in ʼn baie gevaarlike en onvoorspelbare tyd. CrisisOnCall is in 2002 gestig om juis die gaping tussen ʼn insident en hulp te vul. Almal dink hulle ken iemand wat in nood sal help, maar geskiedenis het getoon dat dit glad nie die geval is nie.

Posted on by jonckie

Comments Off on Gebrek aan inligting is lewensgevaarlik

Category: Veiligheid, Voertuig