2 Rowers dood en nog 2 beseer in jaagtog en skietgeveg met polisie

Twee gewapende rowers is dood en twee is beseer na hulle verlede Vrydag in ‘n skietgeveg met die polisie betrokke was.

Volgens kapt Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het die vyf mans na bewering ‘n winkel in Van Wyksdorp met wapens beroof.

“Drie mans het met wapens die winkel binne gekom en ‘n 24-jarige vrou en kliënte binne die winkel gevra het om op die vloer te lê. Die rowers het almal wat in die winkel was met kabels vasgebind en die 24-jarige vrou forseer om die kluis oop te maak,” het Pojie gesê.

Volgens die verklaring is daar geld uit die kluis, ‘n selfoon en skootrekenaar wat aan die vrou behoor het gesteel. Hulle het ook haar bakkie sleutels geneem.

Hulle het in die bakkie en ook in ‘n minibus gevlug.

“Ladismith-polisie het vinnig reageer en hulle het agter die rowers aangejaag. Die rowers het in Laingsburg se rigting gery en Laingsburg-polisie is gekontak om te help. Dié lede het die voertuig opgemerk en hulle afgetrek. Die verdagtes het uit die bakkie geklim en op die polisie begin geskiet. Hulle het daarna in die minisbus geklim en weer weggejaag.”

Die polisie het terug geskiet en die minibus het in die proses gerol. Twee verdagtes is op die toneel dood. Twee verdagtes is in die Oudtshoorn-hospitaal opgeneem.

Die polisie ondersoek klagtes van besigheidsroof, besit van gesteelde eiendom en poging tot moord.

[Oudtshoorb Courant]

Posted on by jonckie

Comments Off on 2 Rowers dood en nog 2 beseer in jaagtog en skietgeveg met polisie