Voertuig rol tussen Oudtshoorn en De Rust

Die omstandighede van ‘n botsing vroeër vanoggend op die De Rust-pad, waar een voertuig gerol het, is onbekend. Twee voertuie, ‘n Opel en ‘n Hyundai, was vanoggend in De Rust se rigting onderweg toe die ongeluk gebeur het.

Beide voertuie het die pad verlaat en die Opel het gerol.

Met die aankoms van die Oudtshoorn Courant op die toneel het beide voertuie aan die linkerkant van die pad gestaan.

‘n Groep studente wat vanaf Mosselbaai gery het was in die Hyundai en ‘n onderwyser wat in De Rust skoolgee was in die Opel.

Nie een van die bestuurders was seker hoe die ongeluk gebeur het.

Niemand het ernstige beserins opgedoen nie.

[Oudtshoorn Courant]

Posted on by jonckie

Comments Off on Voertuig rol tussen Oudtshoorn en De Rust

Category: Veiligheid, Voertuig