Land Cruiser 70-Reeks kry lang verwagte nuwe V8-turbodiesel

  151 kW teen 3 400 r/min 430 Nm se wringkrag teen 1 200 r/min Platste wringkragkurwe van alle Toyota-enjins   Die Land Cruiser 70-Reeks met sy nuwe enjin is nou die nuwe wringkrag-koning onder vierwielaangedrewe voertuie danksy Toyota se legendariese V8-turbodiesel-enjin van 4,5 liter met 32 kleppe, regstreekse hoëdrukbuis-dieselinspuiting en tussenverkoeler.   Drie Land Cruiser 70-Reeks-modelle – die 76-Stasiewa, […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Land Cruiser 70-Reeks kry lang verwagte nuwe V8-turbodiesel

Toyota FJ Cruiser nou nog beter in die veld

Land Cruiser se moderne weergawe van die oorspronklike FJ40 wat sy buiging in die 60’s gemaak het, die klassieke FJ Cruiser, was ’n verrassende verkoper op die plaaslike sportnuts-treffersparade – dié ‘retro-bielie’ haal gemiddeld 70 verkope per maand. Toyota se Hoofbestuurder van Bemarkingskommunikasie, Kerry Roodt, gee toe dat die klassieke lyne van die FJ Cruiser […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota FJ Cruiser nou nog beter in die veld

Strawwe uitdaging vir die McCarthy-4×4-klub

Al die bestanddele vir ’n televisie-sepie was daar – drama, ongelooflike uitdagings, spanning, en tonne opwinding. Dit was die sesde ronde van die 2013-Bridgestone-klubuitdaging, wat dié keer deur die McCarthy-4×4-klub aangebied is. Die roete het uit 10 hindernisse by die Renosterpark-4×4-baan oos van Pretoria bestaan. Die organiseerders en beamptes het oudergewoonte met die ondersteuning van […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Strawwe uitdaging vir die McCarthy-4×4-klub

Toyota maak skoonskip in Sun City 400 – Veldren

  • Taylor en Murphy oes derde agtereenvolgende oorwinning in • Vos en Howie maak dit ’n dubbele Toyota-oorwinning • Toyota wen al die klasse Die twee Toyota Hilux-inskrywings van die Castrol-Toyota-renspan het hul staal in die Sun City 400-veldren gewys en as wenners en naaswenners uit die stryd getree. Dit was Anthony Taylor en […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota maak skoonskip in Sun City 400 – Veldren

Toyota versnel die pas met nuwe Hilux Dakar weergawe

Toyota het pas ’n beperkte weergawe van Suid-Afrika se topverkoper, die Toyota Hilux, bekend gestel. Hierdie spesiale reeks, wat die Hilux Dakar-weergawe genoem word, vier die Hilux se skitter-vertoning in die 2013-Dakar-veldtydren. Die bekenstelling het gepaard gegaan met Imperial Toyota SA Dakar se spanaankondiging vir die 2014 Dakar ren. Die Dakar-pakket is net vir ’n […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota versnel die pas met nuwe Hilux Dakar weergawe

Giniel De Villiers by Goodwood -Spoedfees vereer

  Giniel ontvang Goodwood-jaerstoekenning Ren-Hilux vierde vinnigste in Goodwood-woudsneltrajek Al die onlangse Toyota Le Mans-renmotors uitgestal Die Kaapse renjaer Giniel de Villiers en sy Dakar-Hilux het die eer der ere in die geselskap van al die wêreld se legendariese topjaers ontvang toe hy by vanjaar se Goodwood-spoedfees met die jaersprys beloon is. Dit was die […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Giniel De Villiers by Goodwood -Spoedfees vereer

Castrol Toyota Renspan oorgehaal vir nog ‘n oorwinning in Port Elizabeth

Johnny Gemmell en Carolyn Swan is vandeesweek terug op die toneel van hul oorwinning in verlede jaar se byeenkoms wanneer hulle hul splinternuwe Castrol-Toyota Yaris S2000 Vrydag (19 Julie) vir die wegspring van die volgende nasionale kampioenskapstydren, die Volkswagen-tydren in die Oos-Kaap, op die wegspringstreep trek. Dié naaswenners in die 2012-kampioenskap het pas ook ’n […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Castrol Toyota Renspan oorgehaal vir nog ‘n oorwinning in Port Elizabeth

“Vryheid is selfs nog Mooier” met Toyota Fortuner LTD

’n Geharde, aantreklike voorkoms en ’n lang lys toerusting is alles saamgegooi om ’n nuwe Fortuner-reeks te skep – die Fortuner LTD Edition – wat nou te koop is. Om dit in advertensie-taal op te som: “Vryheid is selfs nog mooier”. Die beperkte LTD Limited-reeks, wat net vir die Fortuner 3.0- en 4.0-reeks (die weergawes […]

Posted on by jonckie

Comments Off on “Vryheid is selfs nog Mooier” met Toyota Fortuner LTD

Wildtuin-botsingstatistiek daal danksy Bridgestone-opleiding

Johannesburg (8 Julie 2013) Omvattende bande- en voertuig-veiligheidsopleiding het die voorkoms van arbeidsongeskiktheidsbeserings weens voertuigbotsings waarby werknemers van die Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeraad (SANParke) se afdeling vir sosiale biodiversiteitsprojekte (BSP) betrokke is, aansienlik verminder. Sulke beserings het volgens Bridgestone se opleidingsbestuurder, Mickey Von Maltitz, aansienlik teenoor dié in 2011 verminder. “SANParke het Bridgestone in 2011 om […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Wildtuin-botsingstatistiek daal danksy Bridgestone-opleiding

Persverklaring na Kurt Darren Motorongeluk

PERSVERKLARING [Uitgereik deur Louis van Wyk – Music Profile Management] Vir onmiddelike Vrystelling: Suid-Afrika se geliefde ster – sanger, akteur en televisie aanbieder, Kurt Darren was in ‘n ernstige motor ongeluk in die vroeë oggendure van Sondag 7 Julie 2013.Hy is deur nooddienste per helikopter gelig vanaf die ongelukstoneel en vervoer na Netcare Milpark Hospitaal […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Persverklaring na Kurt Darren Motorongeluk