“Vryheid is selfs nog Mooier” met Toyota Fortuner LTD

’n Geharde, aantreklike voorkoms en ’n lang lys toerusting is alles saamgegooi om ’n nuwe Fortuner-reeks te skep – die Fortuner LTD Edition – wat nou te koop is. Om dit in advertensie-taal op te som: “Vryheid is selfs nog mooier”.

Die beperkte LTD Limited-reeks, wat net vir die Fortuner 3.0- en 4.0-reeks (die weergawes met ’n verhoogde romp sowel as 4×4-weergawes) beskikbaar is, sal van Julie tot September in Toyota se wêreldklas-aanleg in Prospecton in Durban, gebou word.

Kerry Roodt, Hoofbestuurder van Bemarkingskommunikasie, het dit as volg opgesom: “Die nuweLTD Limited-weergawe fokus op styl en praktiese bruikbaarheid, terwyl die voertuig terselfdertyd puik waarde vir geld bied.

“Kopers kry vir ’n klein bedrag meer as die standaard-model, toerusting wat heelwat meer sou kos as dit individueel as bykomstighede aan ’n voertuig monteer word.

“Ek is seker dit sal die belangstelling van talle nuwe en bestaande Fortuner-klante prikkel.”

’n Indrukwekkende lys standaard-toerusting is een van die hoogtepunte van die Fortuner –volle leerbekleedsel, stabiliteitsbeheer (VSC), raakskerm-klankstelsel met trurat-monitor, Bluetooth, outomatiese klimaatbeheer, outomatiese kopligte en iPod-versoenbaarheid is maar net van die nuwighede op die lys. Die nuwe LTD Edition-reeks brei die gewone model uit deur verskeie leefstyl-verbeterings te bied:

  • Nerfstamper van vlekvrye staal met ’n unieke, uitgesnyde “LTD Edition”-kenteken
  • Kanttrappies van vlekvrye staal met unieke, uitgesnyde “LTD Edition”-kentekens
  • Trekstang met dofswart-afwerking
  • Agterste drumpel-skerm
  • Rookgrys 17”-allooisierwiele
  • Verchroomde buitespieëlhulsels
  • “LTD Edition”-kenteken agter
  • Bykomende matstel met “LTD Edition”-borduurwerk

Pryse (BTW ingesluit)

  • Fortuner 3.0 D-4D RB LTD Edtition               –           R434 700
  • Fortuner 3.0 D-4D RB outo LTD Edtition       –           R446 700
  • Fortuner 4.0 D-4D RB outo LTD Edtition       –           R463 900
  • Fortuner 3.0 D-4D 4×4 LTD Edtition               –           R482 700
  • Fortuner 3.0 D-4D 4×4 outo LTD Edtition       –           R494 900
  • Fortuner 4.0 D-4D 4×4 outo LTD Edtition       –           R511 700

Posted on by jonckie

Comments Off on “Vryheid is selfs nog Mooier” met Toyota Fortuner LTD