Toyota versnel die pas met nuwe Hilux Dakar weergawe

Toyota het pas ’n beperkte weergawe van Suid-Afrika se topverkoper, die Toyota Hilux, bekend gestel. Hierdie spesiale reeks, wat die Hilux Dakar-weergawe genoem word, vier die Hilux se skitter-vertoning in die 2013-Dakar-veldtydren. Die bekenstelling het gepaard gegaan met Imperial Toyota SA Dakar se spanaankondiging vir die 2014 Dakar ren.

Die Dakar-pakket is net vir ’n beperkte tydjie (van Julie tot September) vir Raider-modelle in al drie vorms (Enkel-, Xtra- en Dubbelkajuit) beskikbaar en pronk met ’n magdom aantreklike bykomende standaard-toerusting.

“Ek is baie in my skik dat ons die koms van die Dakar-weergawe aangekondig het, wat ’n vars benadering tot ons geharde Hilux-reeks bied,” sê Kerry Roodt, Hoofbestuurder, Toyota Suid-Afrika Motors. “Sy kombinasie van ’n sterk voorkoms met ’n uitgebreide lys standaard-toerusting maak dié voertuig vir styl- en waarde-bewuste kopers ’n selfs nog aantrekliker keuse.”

Die treffende buitestileringspakket van die Hilux Dakar-weergawe kry buiten die gewone Raider-pakket die volgende bykomstighede:

  • Nerfstamper van vlekvrye staal en met ’n Dakar-kenteken
  • Agterstaaf van vlekvrye staal en met ’n Dakar-kenteken
  • Kanttrappies van vlekvrye staal met die Dakar-kenteken
  • Trappie-buffer agter met ingeboude trekstang
  • Swart bakseiltjie
  • Rookgrys allooisierwiele
  • Rompgekleurde buitespieëls
  • Rompgekleurde deurhandvatsels
  • Dakar-kenteken op die laaideur

 

Die binneruim is met die volgende nuwighede opgekikker:

  • Swart leersitplekke met rooi stikwerk
  • Deurinsetsels van swart leer met rooi stikwerk
  • Swart matstel met rooi Dakar-borduurwerk en ’n rooi soom
  • Trurat-kamera (Xtra- en Dubbelkajuit)

 

Pryse (BTW ingesluit)

 

Hilux-enkelkajuit 2.7 VVTi Raised Body DAKAR                   R292 200

Hilux-enkelkajuit 3.0 D-4D RB DAKAR                                 R333 800

Hilux-enkelkajuit 3.0 D-4D 4X4 DAKAR                                R385 600

Hilux-Xtrakajuit 3.0 D-4D RB DAKAR                                   R364 500

Hilux-Xtrakajuit 3.0 D-4D 4X4 DAKAR                                  R416 500

Hilux-dubbelkajuit 2.7 VVTi RB DAKAR                                R365 800

Hilux-dubbelkajuit 2.5 D-4D RB DAKAR                               R397 100

Hilux-dubbelkajuit 3.0 D-4D RB DAKAR                               R420 900

Hilux-dubbelkajuit 3.0 D-4D RB outo DAKAR                       R433 700

Hilux-dubbelkajuit 3.0 D-4D 4X4 DAKAR                              R473 700

Hilux-dubbelkajuit 3.0 D-4D 4X4 outo DAKAR                      R486 400

Hilux-dubbelkajuit 4.0 V6 RB outo DAKAR                            R433 000

Hilux-dubbelkajuit 4.0 V6 4X4 outo DAKAR                          R509 100

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota versnel die pas met nuwe Hilux Dakar weergawe