Twee sterf in brand in Oudtshoorn

Twee persone is vanoggend in die vroeë oggendure dood na ‘n brand drie plakkershutte in Mullersstraat tot op die grond afgebrand het. Apools Simmers, ‘n man wat in een van die hutte saam met sy vrou en kinders gewoon het, sê hulle is gelukkig dat hulle die vlammehel oorleef het. Volgens Simmers het hy sy […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Twee sterf in brand in Oudtshoorn

Vrystaat Landbou veroordeel Pres Ramaphosa se kommentaar oor geen plaasmoorde

Dit is met groot teleurstelling dat Vrystaat Landbou (VL) verneem het van die stellings gemaak deur mnr Cyril Ramaphosa tydens ‘n onderhoud op Bloomberg Global Business Forum tydens sy onlangse besoek aan die Verenigde Nasies in New York. Mnr Ramaphosa word aangehaal: “There are no killings of white farmers in South Africa… there are no […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Landbou veroordeel Pres Ramaphosa se kommentaar oor geen plaasmoorde

Vrystaat landbou stel standpunt oor grondkwessie

“Vrystaat Landbou (VL) wil dit duidelik stel dat dit uit gesprekke voortvloei dat ons lede en die toekoms van landbou ons hoogste prioriteit is. Dit is ook belangrik dat alle rolspelers binne landbou met mekaar in gesprek bly oor die uitdagings van die industrie, want hierdie uitdaging is nou groter as enige individu of organisasie,” […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat landbou stel standpunt oor grondkwessie

Twee sterf na voertuig rol buite Oudtshoorn

Twee persone is gisteraand dood en twee is beseer na ‘n ongeluk op die Kammanassie | Rooiheuwelpad. Sover vasgestel kan word het die bestuurder van die voertuig beheer oor die motor verloor. Die motor het die pad verlaat en gerol. Een van die oorledenes het onder die voertuig vasgesit. Inwoners wat naby die ongelukstoneel woon […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Twee sterf na voertuig rol buite Oudtshoorn

Polisiekonstabel rol voertuig tussen Oudtshoorn en George

‘n Polisiekonstabel wat ‘n kursus in Oudtshoorn bywoon se pretrit met ‘n amptelike voertuig het Dinsdagoggend net buite Oudtshoorn in ‘n botsing geëindig. Die botsing het omstreeks 00:40 op die George-pad net na die afdraai na Bakenskraal plaasgevind. Volgens inwoners van ‘n nabygeleë huis het hulle ‘n harde slag gehoor en toe die motor op […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Polisiekonstabel rol voertuig tussen Oudtshoorn en George

Vrystaat Lanbou Unie spreek grondkwessie by jaarkongres aan

’n Waterskeidingskongres. Waarskynlik die belangrikste in die geskiedenis van landbou in Suid-Afrika én die Vrystaat. Dis hoe Francois Wilken, President van Vrystaat Landbou (VL), sy organisasie se jaarkongres beskryf het. Volgens Wilken is daar “nêrens in die wêreld landbouers wat moet boer onder die druk waarmee Suid-Afrikaanse landbouers te doen het nie”. Meer as 250 […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Lanbou Unie spreek grondkwessie by jaarkongres aan

Man gered uit boom na steierwerk meegee

Een persoon is beseer en ‘n tweede het paniekerig sowat twaalf meter bo die grond aan ‘n tak vasgehou toe steierwerk waarop hulle was omgeval het. Die twee mans was deel van ‘n span wat ‘n groot boom in ‘n tuin in Simpsonstraat afsaag. Volgens een van die mans wat op die grond was, het […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Man gered uit boom na steierwerk meegee

Vrystaat Landbou waarsku teen sogenaamde “Polisiebeamptes” se bedrog rakende veediefstal

Sogenaamde “polisiebeamptes” wat landbouers bel oor hul vee en ander eiendom wat teruggevind is, slaan steeds in die Vrystaat toe. Volgens dr Jane Buys, Veiligheidsrisiko-analis van Vrystaat Landbou (VL), is daar 17 dorpe of gebiede in die provinsie waar sedert begin vanjaar toegeslaan is. Dit is Bethulie, Bloemfontein, Brandfort, Clarens, Cornelia, Dealesville, Dewetsdorp, Glen, Heilbron, […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Landbou waarsku teen sogenaamde “Polisiebeamptes” se bedrog rakende veediefstal

Ombud van die motorbedryf van Suid-Afrika waarsku verbruikers teen kansvatters

Verbruiker pasop! “Wees op julle hoede.” Dit is, in ‘n neutedop, die raad wat Johan van Vreden, die ombud van die motorbedryf van Suid-Afrika (MIOSA) aan verbruikers gee. Volgens die Wet op Verbruikersbeskerming nommer 68 van 2008, word alle besighede wat binne die motor- en verwante industrieë handel dryf wetlik verplig om by die MIOSA […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Ombud van die motorbedryf van Suid-Afrika waarsku verbruikers teen kansvatters

Landbouers moet waak teen graandiefstal ná strooptyd maan Vrystaat Landbou

Vrystaat Landbou (VL) doen ’n beroep op alle landbouers in die graanbedryf om ekstra maatreëls in plek te stel om hul graan en mielies teen diefstal te beskerm. Só sê dr Jane Buys, Veiligheidsrisiko-analis van VL. Volgens haar is dit jaarliks ’n gegewe dat groot hoeveelhede hiervan ná strooptyd tydens die vervoer na silo’s gesteel […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Landbouers moet waak teen graandiefstal ná strooptyd maan Vrystaat Landbou