Man gered uit boom na steierwerk meegee

Een persoon is beseer en ‘n tweede het paniekerig sowat twaalf meter bo die grond aan ‘n tak vasgehou toe steierwerk waarop hulle was omgeval het.

Die twee mans was deel van ‘n span wat ‘n groot boom in ‘n tuin in Simpsonstraat afsaag.

Volgens een van die mans wat op die grond was, het die steier skielik begin kantel.

Een van die mans het saam met die steier geval en op die sypaadjie beland. Die ander man het die tak waarmee hulle besig was gegryp en daaraan gehang.

‘n Verbyganger het onmiddelik na sy huis gejaag om ‘n lang leer te haal. Die man is uit die boom gered nadat hy ongeveer 15 minute aan sy arms gehang het.

Die man wat geval het is met arm- en skouerbeserings hospitaal toe geneem.

Posted on by jonckie

Comments Off on Man gered uit boom na steierwerk meegee

Category: Huis, Veiligheid Tags :