8 Beseer in botsing tussen De Rust en Willowmore

Agt mense in twee voertuie het gister omstreeks 18:20 ligte beserings in ‘n botsing tussen De Rust en Willowmore opgedoen. Die botsing het ongeveer 30 km buite De Rust plaasgevind. Volgens inligting wat ontvang is, het ‘n Isuzu bakkie en ‘n Ford Bantam in die rigting van Willowmore gery. Die bestuurder van die Isuzu wou […]

Posted on by jonckie

Comments Off on 8 Beseer in botsing tussen De Rust en Willowmore

Noue ontkoming vir insittendes na bakkie rol buite Oudtshoorn

Twee mans in ‘n dubbelkajuitbakkie is hospitaal toe nadat hulle bakkie op die Kruisrivierpad omgeslaan het. Hulle was onderweg terug na Oudtshoorn nadat hulle gemeentelede na ‘n kerkdiens plaas toe geneem het. Die bakkie het ongeveer 2km voor die aansluiting met die R62 in ‘n draai gegly en die pad verlaat. Dit het ‘n sloot […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Noue ontkoming vir insittendes na bakkie rol buite Oudtshoorn

Misdadigers teiken store met saad

Landbouers moet seker maak hul store is genoegsaam beveilig, omdat misdadigers nou glo plase teiken waar saad en kunsmis gestoor word. Volgens Vrystaat Landbou (VL) se inligting is daar reeds groot hoeveelhede saad in die omgewing van Bothaville, Ventersburg en Marquard gesteel. “In een geval in Desember is werkers vasgebind en van nagenoeg 360 sakkies […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Misdadigers teiken store met saad

Kontrolepunte sal help om siektes soos bek-en-klou én veediefstal te voorkom

Die instelling van kompartemente en beheerde kontrolepunte om die uitbreek van dieresiektes in die Vrystaat te voorkom. Dit is volgens Tommie Esterhuyse, Vise-president van Vrystaat Landbou (VL), van die voorstelle wat sy organisasie sterk steun nadat bek-en-klouseer wéér in Limpopo uitgebreek het. Volgens hom sal dit nie net die provinsie teen siektes soos bek-en-klou beskerm […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Kontrolepunte sal help om siektes soos bek-en-klou én veediefstal te voorkom

Verkeersowerhede toets voertuie vir padwaardigheid in Oudtshoorn

In ‘n gesamentlike operasie van die polisie en verkeersdepartemente, is taxis en herboude motors vanoggend vir padwaardigheid getoets. Die mobiele toetseenheid van die provinsiale departement van vervoer, is ingespan om alle minibus-taxis, huurmotors en motors waar veranderinge aan die onderstelle aangebring is, te toets. ‘n String voertuie moes vanoggend geduldig aan die bopunt van Voortrekkerweg […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Verkeersowerhede toets voertuie vir padwaardigheid in Oudtshoorn

Vrystaat Lanbou verwelkom veranderinge aan strategie vir veiligheid

“Die kern van die hersiene Landelike Beveiligingstrategie (LBS) is om veiliger landbougemeenskappe te hê, maar dit kan slegs gebeur as almal daarby inskakel én ’n ingesteldheid van samewerking het.” Só sê Jakkals le Roux, Voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se Landelike Veiligheidskomitee. Die hersiene LBS lê groter klem op samewerking en daarom versoek VL alle […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Lanbou verwelkom veranderinge aan strategie vir veiligheid

Voertuig rol buite Oudtshoorn na bestuurder vir ander vermoedelike dronk bestuurder moet uitswaai

‘n Goudkleurige Volkswagen Tiguan het naby die haarnaalddraai sowat 15 km buite Oudtshoorn op die George-pad omgeslaan nadat die bestuurder na bewering moes uitswaai vir ‘n rooi Volkswagen Polo wat van voor gekom en na die baan van die aankomende verkeer beweeg het. Die bestuurder van die Polo is op die toneel gearresteer omdat sy […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Voertuig rol buite Oudtshoorn na bestuurder vir ander vermoedelike dronk bestuurder moet uitswaai

Vrystaat Landbou ernstig bekommerd oor beurtkrag

“Vrystaat Landbou (VL) spreek sy ernstige kommer uit oor die jongste vlaag beurtkrag, omdat dit onder meer groot negatiewe gevolge op voedselsekerheid het. Ons doen ook ’n beroep op die regering om die probleem ’n eerste prioriteit te maak en spoedig aan te spreek.” Só sê Francois Wilken, President van VL, nadat beurtkrag weer regoor […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Landbou ernstig bekommerd oor beurtkrag

Boere kry wenke vir dieselrabat-probleme

Vrystaat Landbou (VL) verneem dat landbouers steeds probleme met die terugbetaling van dieselrabatte ondervind. Lede van VL is onder meer ontevrede oor sekere beperkinge wat voorkom en oor die moeisame proses wat gevolg moet word. Volgens Dr Jack Armour, Bedryfsbestuurder van VL, is die algemene reël dat diesel terugbetaal kan word wanneer daar nie op […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Boere kry wenke vir dieselrabat-probleme

Noodsaaklike vergadering met owerhede oor veediefstal en misdaad gehou

Misdaad en veediefstal is só ’n groot probleem in die provinsie dat landbouers selfs in die toekoms privaat-ondersoekers kan inspan om te help om dit te bekamp. Met hierdie stelling het Francois Wilken, President van Vrystaat Landbou (VL), die impak van dié probleme aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Vrystaat […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Noodsaaklike vergadering met owerhede oor veediefstal en misdaad gehou