8 Beseer in botsing tussen De Rust en Willowmore

Agt mense in twee voertuie het gister omstreeks 18:20 ligte beserings in ‘n botsing tussen De Rust en Willowmore opgedoen.

Die botsing het ongeveer 30 km buite De Rust plaasgevind.

Volgens inligting wat ontvang is, het ‘n Isuzu bakkie en ‘n Ford Bantam in die rigting van Willowmore gery. Die bestuurder van die Isuzu wou na regs by ‘n afdraaipad by Diepkloof indraai, maar die Ford bakkie het hom glo verbygesteek toe hy draai en die twee voertuie het mekaar getref. Die Isuzu het langs die pad in ‘n sloot beland.

Drie inisttendes van die Ford en vyf insittendes van die Isuzu is op die toneel deur paramedici vir skrape en snye behandel. Die insittendes van die Ford-bakkie was na Queenstown onderweg.

[Oudtshoorn Courant]

Posted on by jonckie

Comments Off on 8 Beseer in botsing tussen De Rust en Willowmore