Noue ontkoming vir insittendes na bakkie rol buite Oudtshoorn

Twee mans in ‘n dubbelkajuitbakkie is hospitaal toe nadat hulle bakkie op die Kruisrivierpad omgeslaan het. Hulle was onderweg terug na Oudtshoorn nadat hulle gemeentelede na ‘n kerkdiens plaas toe geneem het. Die bakkie het ongeveer 2km voor die aansluiting met die R62 in ‘n draai gegly en die pad verlaat.

Dit het ‘n sloot met die voorkant getref, omgeslaan en weer op die wiele geland.

Volgens familielede wat op die toneel hulp verleen het, het die insittendes geen wonde opgedoen nie, maar wel gekla van lyfpyn. Hulle is deur paramedici op die toneel behandel en per ambulans hospitaal toe geneem.

Foto: Hannes Visser

[Oudtshoorn Courant]

Posted on by jonckie

Comments Off on Noue ontkoming vir insittendes na bakkie rol buite Oudtshoorn

Category: Veiligheid, Voertuig Tags :