Weerstand teen korrupsie, swak dienslewering en onteiening is nodig

“Bied weerstand teen korrupsie, swak dienslewering en dreigende onteiening van bates deur beheer te neem van jou onmiddellike omgewing en omstandighede”. Dit was die boodskap van Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, aan landbouers tydens die organisasie se virtuele kongres in Bloemfontein. Die Kwazulu-Natal onluste, verbrokkelende infrastruktuur, onveilige omgewings en verslegtende sosio-ekonomiere omstandighede dui daarop […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Weerstand teen korrupsie, swak dienslewering en onteiening is nodig

Hoe om die regte rugsteun- of opwekkingstelsel te kies en te verseker

Elektrisiteit prysverhogings tussen April en Julie 2021, tesame met die alomteenwoordige bedreiging van beurtkrag, lei daartoe dat baie Suid-Afrikaners hulself tot alternatiewe kragbronne en rugsteunstelsels wend, maar hoe kies ‘n mens die korrekte stelsel, hoe pas jy dit op en hoe laat jy dit voldoende verseker? “Suid-Afrikaners moet nie alleen ‘n allemintige 15% meer vir […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Hoe om die regte rugsteun- of opwekkingstelsel te kies en te verseker

Suid-Vrystaat brand is grootste in provinsie se geskiedenis

Op 12-13 Julie 2021 is 104 235 ha landbougrond tot op die grond afgebrand. Volgens dr Jack Armour, kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou (VL), is hierdie brande die grootste enkele brandgebeurtenis wat in die Vrystaat-provinsie aangeteken is. “Amptelike syfers wat op 22 Julie deur die Vrystaat Sambreel Brandbeskermings Vereniging (FSUFPA) bekend gemaak is, dui aan […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Suid-Vrystaat brand is grootste in provinsie se geskiedenis

Brande verswelg groot dele in Suid-Westelike Vrystaat

Vrystaat Landbou (VL) bevestig dat boere en die strukture van die Brand Beskermingsvereniging dwarsdeur die nag (12 Julie 2021) brande bestry het na ‘n dag van koue en winde van tot 70 km / uur. Die meeste van hierdie brande was in die suid-westelike Vrystaat, in die Xhariep-distrik, waarvan die grootste naby Edenburg ontstaan het […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Brande verswelg groot dele in Suid-Westelike Vrystaat

Kommer dat Vlak 4 Inperking tot leemte in landelike polisiering kan lei

Die aankondiging van vlak 4 Covid regulasies deur die regering, wat insluit padblokkades om Gauteng wat onder andere deur SAPD Veiligheidskoördineerders beman moet word, kan moontlik tot ‘n leemte in polisiëring in landelike gebiede lei. Vrystaat Landbou (VL) en die Rooivleis Produsente Organisasie (RPO) versoek boere daarom om ingeskakel te wees by veiligheidstrukture in hul […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Kommer dat Vlak 4 Inperking tot leemte in landelike polisiering kan lei

Geboueversekering – wie betaal vir wat wanneer iets breek?

Wanneer dit by geboueversekering kom, wie maak daardie stukkende geut, onklaar hekmotor, teëls wat lig of die skade wat deur vogtigheid veroorsaak is reg? Virseker werp lig op die mees algemene geboueverwante uitdagings wat verbruikers ondervind, sowel as hoe hulle nare, duur verrassings kan vermy. “Daar’s min dinge meer frustrerend as probleme met geboue, veral […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Geboueversekering – wie betaal vir wat wanneer iets breek?

Boere beweeg vinnig om te voorkom dat sprinkane gewasse vernietig

Soos sprinkane verlede week met die sterk wind in die Vrystaat aangekom en op die oeslande rondom Bultfontein neergedaal het, moes boere vinnig beweeg om te verseker dat hul oeste en dié van hul bure nie verslind word nie! Dit het egter groot koste-implikasies gehad en Vrystaat Landbou (VL) het ingestem om R60 000 by […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Boere beweeg vinnig om te voorkom dat sprinkane gewasse vernietig

7 000 skape sonder weiding na Boshof-brand

7 000 skape is sonder weiding nadat bykans 30 000ha gister, 20 Mei, in die Boshof/Dealesville-area tydens ‘n wegholveldbrand verwoes is. Talle stuks vee en wild is ook doodgebrand. Dr Jack Armour, kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou, sê dat die sterk wind wat Donderdag in die area voorgekom het die beheer van die brand bemoeilik […]

Posted on by jonckie

Comments Off on 7 000 skape sonder weiding na Boshof-brand

Sprinkane terroriseer areas in Wes-Vrystaat

Boere in die Hertzogville- en Boshof-omgewing in die Wes-Vrystaat is die afgelope naweek deur ‘n donker sprinkaanwolk begroet toe ‘n groot swerm vanaf die Noord-Kaap oorgewaai het. Dr Jack Armour, kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou (VL), bevestig dat skakeling met die hoof van die Vrystaatse departement van Landbou, dr TJ Masiteng, en die bestuurder van […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Sprinkane terroriseer areas in Wes-Vrystaat