Brande verswelg groot dele in Suid-Westelike Vrystaat

Vrystaat Landbou (VL) bevestig dat boere en die strukture van die Brand Beskermingsvereniging dwarsdeur die nag (12 Julie 2021) brande bestry het na ‘n dag van koue en
winde van tot 70 km / uur. Die meeste van hierdie brande was in die suid-westelike Vrystaat, in die Xhariep-distrik, waarvan die grootste naby Edenburg ontstaan het en tot oor die N1
naby Tierpoort gebrand het, sê dr Jack Armour, kommersiële bestuurder van die VL.

Volgens Johann Breytenbach van die Mangaung Sambreelbrandbeskermings vereniging (MUFPA) “het die aanvanklike brand ‘n oppervlakte van meer as 62km beslaan met ‘n brandfront tot 50km breed. Brande woed steeds vanaf Edenburg tot in Tierpoort op die N1.”

Breytenbach rapporteer verliese van vee, wild en strukture wat deur die brand verswelg is, maar daar is nog nie volle sekerheid oor die totale omvang van die skade nie. Breytenbach verwag dat brande later vandag onder bedwang gebring sal word namate die wind gaan lê en meer hulpbronne inkom.

Armour sê enige iemand wat die geaffekteerde boere wil help, kan dit doen deur VL se webtuiste te besoek by https://vrystaatlandbou.co.za/fire-disaster-fund/ Alternatiewelik kan finansiële bydraes gemaak word aan Vrystaat Landbou, ABSA, rekening nr: 470940670, tak: 632005 met verwysing “BRANDE” + selnomme

Posted on by jonckie

Comments Off on Brande verswelg groot dele in Suid-Westelike Vrystaat

Category: Algemeen Tags :