Vrystaat Landbou bevraagteken onbekostigbare ESKOM-tariefpryse by openbare verhoor

Vrystaat Landbou (VL) gaan die wyse waarop ESKOM toegelaat word om onbekostigbare tariewe vas te stel ernstig bevraagteken tydens ‘n openbare verhoor op Vrydag 5 November met NERSA, die nasionale Energiereguleerder. Die multi-jaar-prysbepaling metodologie sal op 31 Maart 2022 eindig, wat impliseer dat ‘n nuwe of hersiene metodologie vereis word. NERSA het in September 2021 […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Landbou bevraagteken onbekostigbare ESKOM-tariefpryse by openbare verhoor

Georganiseerde landbou moet belange van lede voorop stel, sê Vrystaat Landbou

“Georganiseerde landbou se rol is nie om die staat of regerende party se politieke agenda deur te voer nie, maar om die belange van hul lede – die boere- en landbougemeenskap, voorop te stel. ” Dit is volgens Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), belangrik om ’n veilige en volhoubare landbou-omgewing daar te stel, […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Georganiseerde landbou moet belange van lede voorop stel, sê Vrystaat Landbou

Weerstand teen korrupsie, swak dienslewering en onteiening is nodig

“Bied weerstand teen korrupsie, swak dienslewering en dreigende onteiening van bates deur beheer te neem van jou onmiddellike omgewing en omstandighede”. Dit was die boodskap van Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, aan landbouers tydens die organisasie se virtuele kongres in Bloemfontein. Die Kwazulu-Natal onluste, verbrokkelende infrastruktuur, onveilige omgewings en verslegtende sosio-ekonomiere omstandighede dui daarop […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Weerstand teen korrupsie, swak dienslewering en onteiening is nodig

Hoe om die regte rugsteun- of opwekkingstelsel te kies en te verseker

Elektrisiteit prysverhogings tussen April en Julie 2021, tesame met die alomteenwoordige bedreiging van beurtkrag, lei daartoe dat baie Suid-Afrikaners hulself tot alternatiewe kragbronne en rugsteunstelsels wend, maar hoe kies ‘n mens die korrekte stelsel, hoe pas jy dit op en hoe laat jy dit voldoende verseker? “Suid-Afrikaners moet nie alleen ‘n allemintige 15% meer vir […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Hoe om die regte rugsteun- of opwekkingstelsel te kies en te verseker

Suid-Vrystaat brand is grootste in provinsie se geskiedenis

Op 12-13 Julie 2021 is 104 235 ha landbougrond tot op die grond afgebrand. Volgens dr Jack Armour, kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou (VL), is hierdie brande die grootste enkele brandgebeurtenis wat in die Vrystaat-provinsie aangeteken is. “Amptelike syfers wat op 22 Julie deur die Vrystaat Sambreel Brandbeskermings Vereniging (FSUFPA) bekend gemaak is, dui aan […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Suid-Vrystaat brand is grootste in provinsie se geskiedenis

Brande verswelg groot dele in Suid-Westelike Vrystaat

Vrystaat Landbou (VL) bevestig dat boere en die strukture van die Brand Beskermingsvereniging dwarsdeur die nag (12 Julie 2021) brande bestry het na ‘n dag van koue en winde van tot 70 km / uur. Die meeste van hierdie brande was in die suid-westelike Vrystaat, in die Xhariep-distrik, waarvan die grootste naby Edenburg ontstaan het […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Brande verswelg groot dele in Suid-Westelike Vrystaat

Kommer dat Vlak 4 Inperking tot leemte in landelike polisiering kan lei

Die aankondiging van vlak 4 Covid regulasies deur die regering, wat insluit padblokkades om Gauteng wat onder andere deur SAPD Veiligheidskoördineerders beman moet word, kan moontlik tot ‘n leemte in polisiëring in landelike gebiede lei. Vrystaat Landbou (VL) en die Rooivleis Produsente Organisasie (RPO) versoek boere daarom om ingeskakel te wees by veiligheidstrukture in hul […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Kommer dat Vlak 4 Inperking tot leemte in landelike polisiering kan lei

Geboueversekering – wie betaal vir wat wanneer iets breek?

Wanneer dit by geboueversekering kom, wie maak daardie stukkende geut, onklaar hekmotor, teëls wat lig of die skade wat deur vogtigheid veroorsaak is reg? Virseker werp lig op die mees algemene geboueverwante uitdagings wat verbruikers ondervind, sowel as hoe hulle nare, duur verrassings kan vermy. “Daar’s min dinge meer frustrerend as probleme met geboue, veral […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Geboueversekering – wie betaal vir wat wanneer iets breek?

Boere beweeg vinnig om te voorkom dat sprinkane gewasse vernietig

Soos sprinkane verlede week met die sterk wind in die Vrystaat aangekom en op die oeslande rondom Bultfontein neergedaal het, moes boere vinnig beweeg om te verseker dat hul oeste en dié van hul bure nie verslind word nie! Dit het egter groot koste-implikasies gehad en Vrystaat Landbou (VL) het ingestem om R60 000 by […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Boere beweeg vinnig om te voorkom dat sprinkane gewasse vernietig