Maak dit makliker om vermiste persone te identifiseer

‘n Klein, maar effektiewe, armbandjie kon die Muller en Rieckert families van onnodige emosionele trauma gespaar het. In Die Rapport van 23 Augustus 2015 onder die opskrif “Student help familie om vermiste man op te spoor”, word vertel van ‘n onbekende pasiënt wat sedert Junie in die Dr George Mukhari-akademiese hospitaal in Ga-Rankuwa gelê het, […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Maak dit makliker om vermiste persone te identifiseer

Castrol Toyota renspan maak skoonskip in Tshwane

Die Castrol-Toyota-jaer Leeroy Poulter en sy navigator, Elvéne Coetzee (Toyota Yaris S2000), het hul stryd om hul Suid-Afrikaanse Nasionale Tydrenkampioenskapstitel suksesvol te verdedig, nuwe lewe gegee toe hulle die strawwe en stowwerige Imperial-Toyota-Tshwane-Motor-Tydren op skitterende wyse gewen het. Hulle is nou gelyk met die Ford-jaers Mark Cronjé en sy navigator, Robin Houghton. Hierdie naweek se […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Castrol Toyota renspan maak skoonskip in Tshwane

Castrol Toyota slaggerreed voor tydren in Tshwane

Die Castrol-Toyota-renspan is met nog net drie rondes in die 2015-Suid-Afrikaanse Tydrenkampioenskap oor, onder groot druk om sy 2014-titel suksesvol te verdedig. Hoewel die Ford-jaer Mark Cronjé ná die eerste vyf rondes bo-aan die punteleer is, is daar geen twyfel nie dat die momentum ná twee agtereenvolgende oorwinnings in die vorige twee rondes in die […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Castrol Toyota slaggerreed voor tydren in Tshwane

Eerste algeheel vir Poulter/Howie in die Nkomazi-450

Die voorjaers in die Donaldson-veldtydrenkampioenskap reg van die begin van die jaar af, Leeroy Poulter en sy navigator, Rob Howie (Castrol-Toyota Hilux) het hul voorsprong aan die bopunt van die punteleer met ’n puik oorwinning in die Nkomazi-450 vergroot. Die byeenkoms was die vierde ronde uit die reeks van ses. Poulter-hulle oorheers die 2015-kampioenskap geheel […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Eerste algeheel vir Poulter/Howie in die Nkomazi-450

Toyota steeds leier in voertuig verkope

  Hilux herwin plek as topverkoper Eenmiljoenste Hilux in Suid-Afrika verkoop   Marksegment Jul 2014 Jul 2015 %-verandering Passasiersvoertuie 40,015 36,506 -8.8% Ligte handelsvoertuie 14,979 15,090 0.7% Medium handelsvoertuie 855 841 -1.6% Swaar handelsvoertuie 426 420 -1.4% Ekstraswaar handelsvoertuie 1,255 1,184 -5.6% Busse 106 71 -33% Uitvoer 22,736 28,291 24.4% Algehele mark (plaaslik) 57,636 54,112 […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota steeds leier in voertuig verkope

Poulter en Taylor slaggereed vir stryd in Malalane

Die skrale 14 punte tussen die Castrol-Toyota-jaers Leeroy Poulter en Anthony Taylor aan die voorpunt van die Donaldson-veldtydrenkampioenskap hou groot belofte in vir ’n tweestryd soos min tussen dié twee Toyota Hilux-jaers in hierdie naweek se Nkomazi-450 in Malalane, vierde ronde uit die reeks van ses. Poulter en sy navigator, Rob Howie, oorheers die reeks […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Poulter en Taylor slaggereed vir stryd in Malalane

Dubbele Podium vir Castrol-Toyota in Port Elizabeth

  Eerste algeheel vir Leeroy Poulter en Elvéne Coetzee (Toyota Yaris-S2000) Derde algeheel vir Giniel de Villiers en Carolyn Swan (Toyota Yaris-S2000) Naaswenners in Klas S1600 vir Matthew Vacy-Lyle en Schalk van Heerden (Toyota Etios S1600) Dit was ’n harde stryd, maar die Castrol-Toyota-jaer Leeroy Poulter en sy navigator Elvéne Coetzee het die 2015-Volkswagen-tydren in […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Dubbele Podium vir Castrol-Toyota in Port Elizabeth

Tydren -kampioenskap skuif vir 5de rondte na Port Elizabeth

Die verdedigende Suid-Afrikaanse Nasionale Tydrenkampioene Leeroy Poulter  en sy navigator, Elvéne Coetzee, is daarop uit om hul goeie vertoning na die vyfde ronde van die 2015-Suid-Afrikaanse Nasionale Tydrenkampioenskap, wat hierdie naweek op 17 en 18 Julie in en om Port Elizabeth beslis word, te neem. Die Castrol-Toyota-Yaris-S2000-renspan se eerste oorwinning vir die jaar was in […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Tydren -kampioenskap skuif vir 5de rondte na Port Elizabeth

Ligte, kamera en Kommunikasie vir mees geliefde motor

Die huidige Corolla, wat in 2014 in die Suid-Afrikaanse mark bekend gestel is, is die wêreldwye topverkoper onder alle voertuie, en die jongste weergawe van hierdie immergroen Toyota-model bewys duidelik hoekom. Die Corolla-toerusting is vir die 2015-model regdeur die reeks aangepas, en al die modelle kry nou dagligryligte (DRL’s) as deel van hul standaard-toerusting. Die […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Ligte, kamera en Kommunikasie vir mees geliefde motor

Wenke oor bystand in die geval van ‘n aanval van epilepsie

Ons deel graag inligting van CrisisonCall aan hul lede rakende stappe om te neem in die geval waar iemand wat aan epilepsie ly ‘n aanval kry: Indien jy moet raai, hoeveel mense in Suid-Afrika sal jy sê ly aan epilepsie? 50 000? 150 000? 500 000? Indien jy 500 000 geraai het, is jy reg. […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Wenke oor bystand in die geval van ‘n aanval van epilepsie