Maak dit makliker om vermiste persone te identifiseer

Crisisoncall bandjie‘n Klein, maar effektiewe, armbandjie kon die Muller en Rieckert families van onnodige emosionele trauma gespaar het.

In Die Rapport van 23 Augustus 2015 onder die opskrif “Student help familie om vermiste man op te spoor”, word vertel van ‘n onbekende pasiënt wat sedert Junie in die Dr George Mukhari-akademiese hospitaal in Ga-Rankuwa gelê het, nou eers met sy familie herenig is nadat een van die studente dokters op verskeie Facebook blaaie inligting oor hom geplaas het.

Danny Muller het in Junie erg verward by die hospitaal opgedaag en kon glad nie praat nie. Dit blyk dat hy twee beroertes gehad het.

Danny se familie het vir maande na hom gesoek. Die familie was deur nog skok geplaas nadat hulle ingelig is dat Danny oorlede is. Gelukkig het Dr. Bianca Le Roux die stelling teen bewys.

Indien Danny ‘n CrisisOnCall armbandjie gedra het sou hy onmiddellik geïdentifiseer kon word en sy familie wat sedert Junie na hom gesoek het, sou vinnig geweet het van sy toestand en waar hy hom bevind.

Daar is verskeie metodes van identifikasie op die mark. CrisisOnCall se identifikasie sisteem is ontwikkel deur die gebruiker (paramedici) en word gereeld hersien. Dit is verstommend om te sien hoe verskeie identifikasie metodes en -items ontwikkel word wat glad nie aan die POPI (Protection of Personal Information) wetgewing voldoen nie of wat onprakties is.

Die CrisisOnCall identifikasie sisteem het al op verskeie kere vermiste persone, met behulp van privaat speurders, weer herenig met hulle geliefdes. Nege ander voordele word saam met die identifikasie sisteem gebruik om lede gerus te stel. CrisisOnCall gebruik 13-jaar se ondervinding om gereeld die sisteem te verbeter.

CrisisOnCall wil dus vir Dr. Bianca Le Roux gratis lidmaatskap gee vir die verskil wat sy in iemand se lewe gemaak het.

Meer oor CrisisOnCall

CrisisOnCall is gestig op 1 Oktober 2002. Twee jaar navorsing voor die amptelike stigting van CrisisOnCall het bewys dat daar ‘n tekort aan een nasionale noodnommer in Suid Afrika is. Die navorsing het ook baie duidelik daarop gedui dat pasiënte keer op keer na ‘verkeerde’ hospitale geneem word en vermis raak wanneer hulle bewusteloos is.

CrisisOnCall se 24 uur beheer sentrum bied een nasionale noodnommer. Mediese redding, ‘n reismoniteringsdiens, ens. Alles word gemonitor vanuit een nasionale beheer sentrum.

Skakel in by CrisisOnCall se webblad op www.crisisoncall.co.za

Besoek ook:

Alzheimer’s and Road Safety

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Maak dit makliker om vermiste persone te identifiseer