Nuwe Projek poog om Selfoon verwante botsings te voorkom

Die Toyota-Motorkorporasie (TMC), die Komeda-maatskappy Beperk (Komeda), en die KDDI-korporasie (KDDI) het op 20 September 2016 met ’n nuwe inisiatief begin waarin ’n slimfoon-toepassing wat as Driving Barista bekend staan, gebruik word. Dié toepassing is daarop gemik om die aantal botsings in die Aichi-prefektuur deur bestuurders wat hul slimfone in die ry gebruik, te verminder. […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Nuwe Projek poog om Selfoon verwante botsings te voorkom

Vir die huisbraak krimineel is bykans niks onmoontlik!

As daar ‘n Olimpiese Spele vir misdaad was kon hierdie man ons vlagdraer wees. Sy spesialis item sal wees Huisbraak! Hierdie man is so talentvol dat selfs die polisiebeamptes uit ongeloof gevra het dat hy bewys dat hy in staat is om deur die diefwering te klim!! Besoek ook: Wat rowers nie wil hê jy […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vir die huisbraak krimineel is bykans niks onmoontlik!

Algehele tydrenkampioenskapstitel vir Leeroy Poulter/Elvéne Coetzee

  Algehele tydrenkampioenskapstitel vir Leeroy Poulter/Elvéne Coetzee Klas S1600-kampioenskap vir Guy Botterill/Simon Vacy-Lyle 1e algeheel vir Giniel de Villiers/Carolyn Swan (Toyota Yaris S2000) 2e algeheel vir Leeroy Poulter/Elvéne Coetzee (Toyota Yaris S2000) 3e algeheel vir Theuns Joubert/Mari van der Walt (Toyota Auris NRC4) Die stryd in die 2016-Suid-Afrikaanse Nasionale Tydrenkampioenskap is verby. Toyota Gazoo Racing […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Algehele tydrenkampioenskapstitel vir Leeroy Poulter/Elvéne Coetzee

Dakar 2017: Toyota Hilux Evo in Noordwes getoets

Die splinternuwe Toyota Gazoo Racing SA Hilux Evo het pas sy eerste toetslopie gehad toe Giniel de Villiers en sy navigator, Dirk von Zitzewitz, die rewolusionêre tweewielaangedrewe voertuig in die Noordwes-provinsie in Suid-Afrika deur sy passies gesit het. Dit was die Toyota Hilux Evo se eerste werklikheidstoetse en die aanvanklike uitslae is baie bemoedigend. “Dit […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Dakar 2017: Toyota Hilux Evo in Noordwes getoets

Kampioenskap wink vir Toyota Gazoo Racing SA op Kaapse byeenkoms

Die sesde ronde van die Suid-Afrikaanse Nasionale Tydrenkampioenskapsreeks van sewe rondes is die Toyota-Kaap-handelaarstydren wat op 16 en 17 September in die Swartland beslis word. ’n Oorwinning vir Leeroy Poulter en sy navigator, Elvéne Coetzee, in Toyota se ‘tuis’-byeenkoms sal hulle die 2016-kampioenskap laat wen. Hulle het nog elke ronde van vanjaar se kampioenskap in […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Kampioenskap wink vir Toyota Gazoo Racing SA op Kaapse byeenkoms

Groot veranderinge in Toyota Gazoo Racing SA se aanslag vir Dakar 2017

KYALAMI, GAUTENG – Toyota Suid-Afrika Motors en Toyota Gazoo Racing SA is opgewonde om groot veranderinge aan sy strategie vir die 2017-Dakar en verder aan te kondig. Dit sluit ’n rewolusionêre nuwe renvoertuig, wat as die Toyota Hilux Evo bekend sal staan, sowel as die insluiting van die veelvuldige Dakar-wenner, Nasser Al-Attiyah, in die Toyota […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Groot veranderinge in Toyota Gazoo Racing SA se aanslag vir Dakar 2017

Toyota bied opwindende modelle, uiterste ritte en vele meer by SA Motorfees

“Die Suid-Afrikaanse Motorfees lui ’n nuwe tydvak vir voertuigbyeenkomste in waar die motors die sterre is.” Dit is die eerste bemarkingsinnetjie van die organiseerders van die SA festival of Motoring, en dit som die byeenkoms perfek op. “Ons as Suid-Afrika se voorste motorvervaardiger beskou hierdie byeenkoms as die perfekte platform om by ons klante in […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota bied opwindende modelle, uiterste ritte en vele meer by SA Motorfees

Poulter / Howie steeds onoorwonne nadat Toyota Gazoo Racing SA oorheers in Malalane

Leeroy Poulter en sy navigator, Rob Howie, van Toyota Gazoo Racing SA in samewerking met Total Quartz, het hul onoorwonne lopie vir 2016 voortgesit toe hulle hul vyfde agtereenvolgende oorwinning in die 2016-Donaldson-veldtydrenkampioenskap in die Nkomazi-450, die vyfde ronde van vanjaar se kampioenskap, aangeteken het. “Leeroy en Rob het vandag ’n skoon ren gehad en […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Poulter / Howie steeds onoorwonne nadat Toyota Gazoo Racing SA oorheers in Malalane

Toyota Suid Afrika se gunsteling voertuigfabrikaat

Toyota Suid-Afrika Motors (TSAM) het die Sunday Times se topfabrikaat-toekenning as motorfabrikaat met die beste aansien in die Verbruikersafdeling in 2016 opgeraap. Dit is die tweede keer dat TSAM ’n toekenning in hierdie afdeling losslaan. Die 2016-peiling se uitslag is Dinsdag by ’n uithanggeselligheid in Sandton aangekondig waar topfabrikate in die sake-en verbruikerswêreld ingevolge duisende […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota Suid Afrika se gunsteling voertuigfabrikaat

Onoorwonne rekord hunker vir Toyota Gazoo Racing SA in Nkomazi 450

Die Toyota Gazoo Racing SA-jaer Leeroy Poulter, wat nou vier agtereenvolgende veldtydrenoorwinnings sowel as vyf agtereenvolgende tydrenoorwinnings op sy kerfstok het, kies hierdie naweek koers na Malalane in die Laeveld met die doel om sy onoorwonne rekord vir 2016 ongeskonde te hou. Die span, met die steun van Total Quartz, sal weer twee Toyota Hilux-renbakkies […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Onoorwonne rekord hunker vir Toyota Gazoo Racing SA in Nkomazi 450