Bestuurder gelukkig om besering te vermy in botsing teen kragpaal

In die derde botsing van die dag het ‘n Datsun GO om ongeveer 12:30 net buite Oudtshoorn ‘n kragpaal getref en gerol. Die bestuurder is nie beseer nie. Volgens Duitse toeriste het die Datsun hulle verbygesteek toe die bestuurder beheer verloor het. Die botsing was op die grottepad ongeveer 5 km buite Oudtshoorn. Oudtshoorn Courant […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Bestuurder gelukkig om besering te vermy in botsing teen kragpaal

Ctrack Iris is ‘n spelwisselaar in videomonitering en telematika

Ctrack, ‘n voorste telematika- en opsporingsdiensverskaffer, het die Ctrack Iris bekend gestel. Iris is ‘n hoëgehalte-, pasmaak-videomoniteringsoplossing, wat ideaal is vir huurvoertuie, ligte afleweringsvoertuie, vlootvoertuie, swaar handelsvoertuie, algemene masjinerie en busse. Danksy Ctrack Iris kan vlooteienaars die aantal versekeringseise wat hulle indien, verminder, en ook verseker dat die eise wat hulle wel indien, baie vinniger […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Ctrack Iris is ‘n spelwisselaar in videomonitering en telematika

Vrystaat Landbou moedig lede aan om werkswinkels oor veiligheid by te woon!

Veiligheidwerkswinkels sal in Maart en April 2019 regoor die provinsie aangebied word om veral Vrystaat Landbou (VL) se veiligheidskoördineerders te bemagtig en op te lei. Volgens dr Jane Buys, Veiligheidsrisiko-analis van VL, sal die werkswinkels in streke gehou word waar dit nog nie aangebied is nie. Dit sal onder meer fokus op die veiligheidshandleiding. “Alle […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Landbou moedig lede aan om werkswinkels oor veiligheid by te woon!

Beheerbeampte lig beseer toe beheerpunt omwaai in sterk wind buite Oudtshoorn

 ‘n Vrou wat een van die verkeerspunte tussen Oudtshoorn en De Rust beman is lig beseer toe ‘n sterk wind die beheerpunt wat op ‘n sleepwa is, omgedip het.  Die rukwind wat op verskeie plekke skade aangerig het, het met gietende reën gepaard gegaan.  ‘n Huis naby die beheerpunt is ook beskadig toe ‘n boom […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Beheerbeampte lig beseer toe beheerpunt omwaai in sterk wind buite Oudtshoorn

Huiseienaars gewaarsku oor slange tydens droogte

Mornay Thysse, bekende slangvanger en brandweerman, het sedert die begin van Januarie 12 slange in die Oudtshoorn-distrik gevang. Volgens hom is die mees algemene slange die bruin huisslang, Kaapse kobra en boomslang. “Die gebied is droog en daarom kom slange nader aan huise om kos en water te soek. Dit is van kardinale belang dat […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Huiseienaars gewaarsku oor slange tydens droogte

Onwettige vuurwerke vernietig in Suid-Kaap

Die polisie se plofstofeenheid in Mosselbaai het bykans R30 000 se vuurwerke wat by lede van die publiek gekonfiskeer is, by die brandweerstasie op Oudtshoorn gehaal. Die vuurwerke is gedurende Desember deur die brandweer en wetstoepassers gekonfiskeer.  Die afvuur van vuurwerke is onwettig in Oudtshoorn en geen lisensies word toegeken vir die verkoop van vuurwerke […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Onwettige vuurwerke vernietig in Suid-Kaap

Vrystaat Landbou betreur Koffiefontein voorval waarin landbouers, polisielid dood is

Vrystaat Landbou (VL) betreur die tragiese voorval waarin twee landbouers en ’n polisieman op 10 Januarie 2019 naby Koffiefontein dood en ’n ander polisieman gewond is. Hy betreur ook die soort optrede waar ’n landbouer verantwoordelik is vir die dood van ’n mede-landbouer, asook ’n polisiebeampte. Só sê Tommie Esterhuyse, Vise-president van VL. Volgens Esterhuyse […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Landbou betreur Koffiefontein voorval waarin landbouers, polisielid dood is

Duitse toeris lig beseer toe voertuig rol tussen Oudtshoorn en George

 ‘n Duitse toeris is lig beseer toe sy gehuurde Datsun GO omstreeks 11:30 op die Georgepad-gerol het.  Sy vrou het bestuur toe sy beheer oor die motor verloor het.  ‘n Verkeersbeampte wat van voor gekom het, het gesê die Datsun het verskeie kere heen en weer geswaai voordat dit getol en omgeslaan het. Oudtshoorn Courant

Posted on by jonckie

Comments Off on Duitse toeris lig beseer toe voertuig rol tussen Oudtshoorn en George

Wees só voorbereid vir misdaad in feesseisoen

Dit is ’n gegewe dat ernstige geweldsmisdade, wat plaasaanvalle en eiendomsverwante misdade insluit, geneig is om tydens die feesseisoen toe te neem. Daarom is dit van kardinale belang dat landbouers, hul families, asook werkers of bewoners op plase en kleinhoewes, na veiligheidsmaatreëls of -wenke moet kyk om hul veiligheid te verbeter en sodoende misdade te […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Wees só voorbereid vir misdaad in feesseisoen