Pad gesluit na ongeluk tussen Calitzdorp en Oudtshoorn

Die Calitzdorp-pad sal vir ‘n ruk gesluit wees na ‘n ongeluk vroeg vanoggend. Nooddienspersoneel is op die toneel en is besig om die ernstig beseerde man uit die bakkie te sny.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

Die man wat vanoggend in ’n ongeluk op die Calitzdorp-pad betrokke was is uit die bakkie gehaal en is per ambulans na die hospitaal geneem.

Volgens omstanders, wat op die ongeluk afgekom het, blyk dit dat die bakkie ‘n band verloor het en die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het. Die bakkie het op sy dak te lande gekom.

Nooddienspersoneel het ongeveer ‘n uur gespook om die man te bevry omdat sy arm onder die bakkie vasgepen was.

Die aard van sy beserings is nie bekend nie.

Die pad is gesluit tot die ongelukstoneel opgeruim is.

[Oudtshoorn Courant]

Posted on by jonckie

Comments Off on Pad gesluit na ongeluk tussen Calitzdorp en Oudtshoorn

Category: Veiligheid, Voertuig Tags :