Twee beseer na bestuurder beheer verloor oor voertuig op pad tussen Oudtshoorn en George

Nooddienste is op die toneel van ‘n ongeluk wat op die Georgepad, sowat 10km buite Oudtshoorn, plaasgevind het. Die bestuurder het beheer oor ‘n Polo verloor en teen die rotswand gebots, waarna die motor op sy dak te lande gekom het. Die twee insittendes is lig beseer. Volgens inligting, was die mense vanaf George na […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Twee beseer na bestuurder beheer verloor oor voertuig op pad tussen Oudtshoorn en George

Drie sterf toe bestuurder beheer oor voertuig verloor naby De Rust

Die De Rust-pad het nog lewens geëis. Drie mense het vanoggend gesterf na die bestuurder van die voertuig beheer by die Dysselsdorp-afrit verloor het. Die voertuig het ongeveer 20m ver geval en op die treinspoor te lande gekom. Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie. 1 Persoon het gister ook op dié pad gesterf. [Oudtshoorn […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Drie sterf toe bestuurder beheer oor voertuig verloor naby De Rust

Noodlottige ongeluk tussen Oudtshoorn en De Rust

Een persoon is dood en vyf ander, waaronder ‘n kind, is vanaand ernstig beseer na hulle in ‘n ongeluk op die De Rust-pad betrokke was. Vier voertuie was in die ongeluk betrokke. Met die aankoms van die Oudtshoorn Courant op die toneel was paramedici besig om die bestuurder van een van die voertuie met meganiese […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Noodlottige ongeluk tussen Oudtshoorn en De Rust

Weermaglid verskyn in hof vir roekelose bestuur 2 jaar na ongeluk in Oudtshoorn

‘n Lid van die Suid-Afrikaanse weermag wat in 2015 in ‘n ongeluk op die kruising van Voortrekkerweg en Hoogstraat op Oudtshoorn betrokke was, het op 7 September vlugtig vir die eerste keer in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn. Die 29-jarige Charles Collin Msiza word van roekelose en of nalatige bestuur aangekla. Die saak spruit uit ‘n ongeluk […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Weermaglid verskyn in hof vir roekelose bestuur 2 jaar na ongeluk in Oudtshoorn

Vrou op fiets beseer in botsing met bakkie buite Oudtshoorn

‘n Vrou van Oudtshoorn is vanmiddag deur ‘n bakkie van haar fiets afgery. Die ongeluk het op die Lategansvleipad gebeur. Volgens inligting wat deur die Oudtshoorn Courant bekom is, het die bakkie die fietsryer van agter af getref. Sy is met ernstige beserings na die hospitaal geneem. Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie. [Oudtshoorn […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrou op fiets beseer in botsing met bakkie buite Oudtshoorn

Groot Opgewondenheid in Toyota Stadium

Gratis rugby kaartjies vir die eerste Guinness PRO14 wedstryd – met die komplimente van Toyota Suid-Afrika  Op Saterdag 16 September om 19:30 speel Toyota-stadion gasheer vir die eerste Guinness PRO14 wedstryd wanneer die Toyota Cheetahs en Zebre, van Italië, mekaar die stryd aansê. Met die komplimente van die merkwaardige en lojale borg, Toyota SA, is […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Groot Opgewondenheid in Toyota Stadium

Bestuurder vat hasepad na ongeluk buite Oudtshoorn

Vier insittendes van ‘n silwer BMW is vanmiddag net na 14:00 op die toneel van ‘n botsing buite Oudtshoorn ondervra om te bepaal wie die bestuurder van die motor was. Volgens hulle het die bestuurder die hasepad gekies en is hy glo nie aan hulle bekend nie. Die BMW was vanaf Knysna na Oudtshoorn onderweg […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Bestuurder vat hasepad na ongeluk buite Oudtshoorn

Werknemer met afleweringsmotorfiets in ongeluk in Oudtshoorn

‘n Motorfietsryer is sowat ‘n uur gelede per ambulans hospItaal toe geneem nadat hy in Langenhovenweg van agter teen ‘n Toyota Tazz gebots het. Die slag het die man oor die stuurstang gegooi en die motorfiets het onderstebo in die pad te lande gekom. Volgens die bestuurder van die motor wat haar kind by haar […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Werknemer met afleweringsmotorfiets in ongeluk in Oudtshoorn

Bekende in landboukringe sterf toe bakkie rol buite Oudtshoorn

n Bekende man in landboukringe is vanaand omstreeks 22:00 oorlede in ‘n ongeluk naby Surval op die grottepad. Hy was vanaf sy werk onderweg na sy huis toe sy dubbelkajuitbakkie op ‘n draai die pad verlaat en gerol het. Nooddienswerkers het die bakkie se deure en dak met meganiese toerusting afgesny om by hom te […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Bekende in landboukringe sterf toe bakkie rol buite Oudtshoorn

Drie beseer toe koedoe voor minibus inspring tussen De Rust en Uniondale

Drie mense is in die hospitaal opgeneem na die taxi waarin hulle gery het, met ‘n koedoe gebots het. Die botsing het omstreeks 16:40 gistermiddag (Sondag 27 Augustus) in die Barandas-omgewing tussen Uniondale en De Rust plaasgevind. Die bestuurder, Randall Akker en twee jeugdige passasiers is per ambulans hospital toe vervoer. Die een passasier is […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Drie beseer toe koedoe voor minibus inspring tussen De Rust en Uniondale