Noodlottige ongeluk tussen Oudtshoorn en De Rust

Een persoon is dood en vyf ander, waaronder ‘n kind, is vanaand ernstig beseer na hulle in ‘n ongeluk op die De Rust-pad betrokke was.

Vier voertuie was in die ongeluk betrokke.

Met die aankoms van die Oudtshoorn Courant op die toneel was paramedici besig om die bestuurder van een van die voertuie met meganiese kake uit die voertuig te sny.

Volgens ‘n ooggetuie was hulle ‘n string voertuie wat van Beaufort-Wes na Oudtshoorn onderweg was.

Een van die drie voertuie het na bewering ‘n vragmotor verby gesteek, met die vragmotor gebots, beheer oor sy voertuig verloor en die ander voertuie is toe ook in die botsing betrokke.

Die vragmotor was egter nie op die toneel nie.

Volgens ‘n ooggetuie het die vragmotor nie gestop na die ongeluk nie.

Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.

[Oudtshoorn Courant]

Posted on by jonckie

Comments Off on Noodlottige ongeluk tussen Oudtshoorn en De Rust