Toeriste ongedeerd in botsing buite Oudtshoorn na hul bestuur aan verkeerde kant van pad

Twee buitelandse toeriste is ongedeerd nadat hulle Sondag sowat 6 km buite Oudtshoorn in ‘n botsing betrokke was.

Dit blyk dat hulle by Buffelsdrift was en op pad na Oudtshoorn, aan die verkeerde kant van die pad gery het.

Hulle het uitgeswaai vir ‘n motorfiets wat van voor gekom het en ‘n paal langs die pad getref.

Dit is die tweede botsing op die grottepad waar buitelanders aan die verkeerde kant van die pad gery het.

[Oudtshoorn Courant]

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Toeriste ongedeerd in botsing buite Oudtshoorn na hul bestuur aan verkeerde kant van pad