Waak teen die gevare van die “Blindekol” op die pad

Ons almal het al daardie koue gevoel ervaar van ‘n voertuig wat skielik verby ons blits. Net verlede week was ek reg om van laan te verander toe daar skielik ‘n voertuig naby my verby jaag. Genadiglik het ek daardie ekstra oomblik geneem om van laan te verander nadat ek in die spieëltjie aan my […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Waak teen die gevare van die “Blindekol” op die pad

Toyota Suid-Afrika stel bekend die splinternuwe Toyota 86

Toyota Suid-Afrika Motors het pas die prys van een van die nuwe modelle waaroor die grootste afwagting heers, die splinternuwe Toyota 86, aangekondig. Dié nuweling maak sy amptelike plaaslike buiging op 16 Julie met die standaard-model, en sal later in die maand deur twee modelle met ’n hoër spesifikasievlak gevolg word.   Hierdie unieke tweedeur-2+2-sportkoepee […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota Suid-Afrika stel bekend die splinternuwe Toyota 86

Wanneer is die regte tyd om skokbrekers te vervang?

Hoeveel vertroue het jy in jou vermoë om ‘n ongeluk te voorkom? Miskien net so belangrik – dink jy dat jou voertuig instaat is om gehoor te gee aan die skielike rigtingverandering of poging om te rem? Dit is hier waar die kwaliteit van jou skokbrekers van kardinale belang is! Ek het die afgelope 2 […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Wanneer is die regte tyd om skokbrekers te vervang?

Parkeer versigtig om eise teen motorversekering te beperk!

Daar is seker min dinge meer frustrerend as om versigtig te parkeer, in ‘n inkopiesentrum in te gaan en dan te sien hoedat iemand reg teenaan jou parkeer binne jou parkeerspasie! Dit is wel meer frustrerend om met jou terugkom ‘n skraapmerk teen jou deur waar te neem wat nie voorheen daar was nie! Hierdie […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Parkeer versigtig om eise teen motorversekering te beperk!

Vermy versekeringseise veroorsaak deur bestuur met afgeleide aandag!

Baie van die sogenaamde bufferbotsings of “fender bender” ongelukke word veroorsaak deur bestuurders wat nie hul volle aandag op die pad voor hul het nie. Voordat ons almal tegnologies met mekaar verbind was deur selfone en met die internet was daar veel minder dinge om ons aandag af te trek. Ek onthou goed as kind […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vermy versekeringseise veroorsaak deur bestuur met afgeleide aandag!

DataDot bied waarde vir meer as net motorversekering!

Op webtuistes oor motorversekering vind ons talle verwysings na DataDot tegnologie en die voordele wat dit bied vir die voorkoming van voertuigdiefstal. Hierdie tegnologie wat gebruik word vir die identifikasie van voertuie en motoronderdele maak dit moontlik om identifikasie te bevestig en veel meer effektief die kriminele aan die pen te laat ry! Die voordele […]

Posted on by jonckie

Comments Off on DataDot bied waarde vir meer as net motorversekering!

Direkte Versekeraars kan baat by die soeke na goedkoper motorversekering

Dit raak uiters duur om op die pad te gaan en stygende vervoerkostes is besig om ons besteebare inkomste onder druk te plaas. Suid-Afrikaners word genoodsaak om hul rande en sente mooi om te draai en voortdurend te kyk waar hul kan bespaar. My kollega by die werk het juis vanoggend genoem dat hy sy […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Direkte Versekeraars kan baat by die soeke na goedkoper motorversekering

Vermy versekeringseise met versigtige bestuur by padwerke!

Die Suid-Afrikaanse bestuurder se ongeduld op die pad kom veral duidelik na vore by padwerke! Ons is eenvoudig maar ‘n ongeduldige nasie en word dikwels te vinnig warm onder die kraag! Padwerke is egter nie net iets wat ons ongeduldige geaardheid toets nie. Vir die roekelose en haastige  bestuurder is dit ook ‘n gevaararea wat […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vermy versekeringseise met versigtige bestuur by padwerke!

Dink aan jou versekering wanneer jy aanpassings maak aan jou voertuig!

In Engels verwys ons na “modifications” aan ons voertuie. Party motoreienaars is duidelik of te verveeld met hoe hul voertuie lyk – of te vindingryk om maar net “gewoon” te wees. Daar is ook by ander ‘n behoefte om die vermoëns van die voertuig te verbeter – en solank motoreienaars dink hul kan dit doen […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Dink aan jou versekering wanneer jy aanpassings maak aan jou voertuig!

Moenie lieg oor wie die gereelde bestuurder van jou voertuig is nie!

Ons vind dikwels dat motoreienaars met ‘n skok besef dat hul versekeringseis van die hand gewys word omdat die gereelde bestuurder nooit aangedui is op die polis as die versekerde bestuurder nie. In hierdie bespreking wil ek graag hierdie situasie van nader beskou. In Engels word dikwels verwys na die beginsel van “fronting”. Hierdie baie […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Moenie lieg oor wie die gereelde bestuurder van jou voertuig is nie!