Vermy versekeringseise veroorsaak deur bestuur met afgeleide aandag!

Baie van die sogenaamde bufferbotsings of “fender bender” ongelukke word veroorsaak deur bestuurders wat nie hul volle aandag op die pad voor hul het nie. Voordat ons almal tegnologies met mekaar verbind was deur selfone en met die internet was daar veel minder dinge om ons aandag af te trek. Ek onthou goed as kind hoedat ek en my broer dikwels baklei het op die agtersitplek en hoe dit gelei het tot ‘n tas tussen ons. Daar is dan ook gewoonlik ‘n denkbeeldige lyn getrek en laat die een net waag om sy arm oor daardie lyn te steek..!!

My pa het dit ook een keer goedgedink om een keer net daar langs die pad stil te hou, ‘n stuk van ‘n tak af te pluk en die nodige tug toe te dien! Ander goeters wat die aandag kon aftrek het ingesluit padkos en drinkgoed en al die gebeurlikhede langs die pad.

Soms, soos in die foto hierbo, spot ons met hierdie gevare maar die waarheid is ongelukkig baie hartseer. Al meer padgebruikers sterf in ongelukke veroorsaak deur motoriste op hul selfone.

Vandag is ons die hele tyd in verbinding met mekaar en baie kan net nie die versoeking weerstaan om ‘n oproep te maak of te beantwoord nie. Daar word ge-sms, ge-facebook en allerlei ander aktiwiteite beoefen omdat ons dink ons is instaat om veelvuldige take uit te voer. Hierdie aktiwiteite is onwettig en die wetgewing word mooi uitgespel onder wetgewing met die opskrif “Prohibition on use of communication device while driving”. Dit behels basies dat geen voertuig bestuur mag word terwyl ‘n selfoon in een of beide hande vasgehou word nie.

Versekering en Afgeleide Bestuur

Uit die oogpunt van versekering is dit belangrik om daarop te let dat versekering meestal nie dekking verleen waar die ongeluk veroorsaak is deur die versekerde voertuigeienaar wat die padreëls oortree het nie. Die meeste bestuurders is bewus hiervan en sal nooit erken dat hul besig was op hul selfone ten tyde van die ongeluk nie. Dit maak dit ongelukkig ook uiters moeilik om behoorlike statistieke te bekom ten opsigte van ongelukke veroorsaak deur afgeleide bestuur.

Dit is wel toelaatbaar dat ‘n toestel gebruik word waardeer kommunikeer word terwyl beide hande op die stuurwiel is. Ons verwys hier na die “hande vry” en “Bluetooth” toestelle en tegnologie.

Alhoewel die heel veiligste bestuur is om met beide hande op die stuurwiel te bestuur en al die aandag op die pad is dit wel moontlik om gesprekke te voer met hierdie tegnologie. Ek is huidig besig om een van hierdie toestelle in my motor te “toets” en is aangenaam verras met die gemak waarmee ‘n inkomende oproep beantwoord kan word met ‘n eenvoudige “accept” of “decline”. Dit is dus moontlik om te kommunikeer op ‘n wyse soortgelyk aan ‘n gesprek met met ‘n passasier of te luister na die radio.

Dit is egter belangrik om die nie voertuig as ‘n kantoor te gebruik nie en om liewers tyd op sy te sit vir lang en ingewikkelde geprekke wat al ons aandag nodig het. Om ongelukke te vermy moet ons ons aandag op die pad hou en gereed wees vir enige onverwagse gebeurtenis.

Op die Arrive Alive webtuiste het ons heelwat belangrike inligting saamgevat in bladsye oor die gevare van afgeleide bestuur. Ons wil besoekers aanmoedig om ook die volgende bladsy in Engels te besoek:

Hands-Free, Distracted Driving and Road Safety

Texting and Distracted Driving

Avoiding Distractions While Driving

Texting while driving hurting the car insurance industry

Bluetooth toestel in foto deur Denese Lups/ Phototalk

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Vermy versekeringseise veroorsaak deur bestuur met afgeleide aandag!