Wanneer is die regte tyd om skokbrekers te vervang?

Hoeveel vertroue het jy in jou vermoë om ‘n ongeluk te voorkom? Miskien net so belangrik – dink jy dat jou voertuig instaat is om gehoor te gee aan die skielike rigtingverandering of poging om te rem? Dit is hier waar die kwaliteit van jou skokbrekers van kardinale belang is!

Ek het die afgelope 2 weke begin bekommerd raak oor die veiligheid van my voertuig. Ek is nie iemand wat jaag of vinning rem of vining om draaie bestuur nie – maar ek het al meer bewus geword van my oneffektiewe en verweerde skokbrekers!

Op die pad na die werk is daar verskeie klein “spoedbulte” om motoriste te dwing om stadiger te bestuur. Dit is veral by hierdie bulte wat dit gevoel het asof, selfs teen stadige spoed die motor se gewig direk “deurslaan na die bande”.

Dit het my laat wonder of dit nie die regte tyd is om skokbrekers te vervang nie. Ongelukkig is verweerde skokbrekers nie iets wat ons sommer met die blote oog maklik raaksien nie – maar eerder iets wat ons moet “voel”.

Ek het hierdie nuttige handleiding van Gabriel raakgesien en dit ook aangetref by die Kwik-Fit in Bloemfontein waar ek nuwe skokbrekers laat installeer het. Dit is die uitermatige rondspring op rowwe oppervlaktes wat ek definitief kon waarneem tydens die bestuur van my voertuig!

Op die Arrive Alive webtuiste is daar belangrike inligting oor skokbrekers en die gevare van verweerde skokbrekers.

Besoek gerus die volgende skakels vir meer inligting:

Posted on by jonckie

Comments Off on Wanneer is die regte tyd om skokbrekers te vervang?