Toyota Suid-Afrika stel bekend die splinternuwe Toyota 86

Toyota Suid-Afrika stel bekend die splinternuwe Toyota 86/Conrad Bornman/Foto24

Toyota Suid-Afrika Motors het pas die prys van een van die nuwe modelle waaroor die grootste afwagting heers, die splinternuwe Toyota 86, aangekondig. Dié nuweling maak sy amptelike plaaslike buiging op 16 Julie met die standaard-model, en sal later in die maand deur twee modelle met ’n hoër spesifikasievlak gevolg word.

 

Hierdie unieke tweedeur-2+2-sportkoepee met sy beginprys van net R298 500 (BTW ingesluit) vir die standaard-model verteenwoordig uitstaande waarde vir geld wat hom binne maklike bereik plaas van dié wat op soek is na ’n alternatiewe ryding teenoor die voorspelbare reeks blitsbuksies.

 

Twee modelle wat omvattend toegerus is (’n handrat en ’n sesgang-outomaties met pedaalwisseling) word aan die bopunt van die reeks aangetref. Dié weergawes het alles wat ’n mens sou verwag, waaronder Smart Start (sleutellose oopsluit- en aanskakel-stelsel) leer/alcantara-bekleedsel, heeltemal outomatiese klimaatbeheer en 17-duim-allooisierwiele, om maar net ’n paar van die luukshede op die spyskaart te noem. Die 86 High-handrat sal R329 400 kos terwyl die 86 High 6-gang-outo se prys net R346 500 sal wees. Neem asseblief kennis dat al die 86-modelle ’n standaard-diensplan van vier jaar / 60 000km het.

 

Al die 86-modelle is met die jongste Subaru-viersilinder-bokserenjin van 2,0 liter toegerus.  Dit is die wêreld se eerste horisontaal-teenoorstaande enjin met Toyota se rewolusionêre 4-slag-petrolstelsel met regstreekse inspuiting (D-4S). Die gevolge is baie indrukwekkend vir ’n turbolose enjin: 147kW teen 7 000 r/min en 205Nm se wringkrag teen 6 400 – 6 600 r/min.

 

“Die 86 is so anders as net nog ’n nuwe model; dit dui ’n hele nuwe rigting vir Toyota in,” sê Kerry Roodt, Hoofbestuurder van Bemarkingskommunikasie. “Hier is ’n motor wat geheel en al om die bestuurder ontwerp is; ’n motor wat net vir dié is wat motorry as ’n passie eerder as ’n noodsaaklikheid beskou. Hierdie motors het natuurlik nog altyd bestaan, maar ’n motorvervaardiger maak dié hoeveelheid motorrypret nou vir die eerste keer aan so veel as moontlik mense beskikbaar – dis geniaal!”

Adriaan Strauss en Robert Ebersohn by Toyota 86 in foto deur Conrad Bornman/ Media24

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota Suid-Afrika stel bekend die splinternuwe Toyota 86