Waarvoor word jou gesteelde voertuig gebruik?

Dikwels wonder voertuigeienaars waarvoor hul gesteelde voertuie gebruik word – en of hul enigsens moet uitsien na nuus dat hul versekerde voertuie teruggevind is…. Die Arrive Alive webwerf het die afgelope week ‘n epos ontvang van ‘n gereelde besoeker wat ons graag ook hier met ons lesers wil deel. Dit is ‘n ware “Slegs in […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Waarvoor word jou gesteelde voertuig gebruik?

Vermy versekeringseise met versigtige bestuur by padwerke!

Die Suid-Afrikaanse bestuurder se ongeduld op die pad kom veral duidelik na vore by padwerke! Ons is eenvoudig maar ‘n ongeduldige nasie en word dikwels te vinnig warm onder die kraag! Padwerke is egter nie net iets wat ons ongeduldige geaardheid toets nie. Vir die roekelose en haastige  bestuurder is dit ook ‘n gevaararea wat […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vermy versekeringseise met versigtige bestuur by padwerke!

Dink aan jou versekering wanneer jy aanpassings maak aan jou voertuig!

In Engels verwys ons na “modifications” aan ons voertuie. Party motoreienaars is duidelik of te verveeld met hoe hul voertuie lyk – of te vindingryk om maar net “gewoon” te wees. Daar is ook by ander ‘n behoefte om die vermoëns van die voertuig te verbeter – en solank motoreienaars dink hul kan dit doen […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Dink aan jou versekering wanneer jy aanpassings maak aan jou voertuig!

Moenie lieg oor wie die gereelde bestuurder van jou voertuig is nie!

Ons vind dikwels dat motoreienaars met ‘n skok besef dat hul versekeringseis van die hand gewys word omdat die gereelde bestuurder nooit aangedui is op die polis as die versekerde bestuurder nie. In hierdie bespreking wil ek graag hierdie situasie van nader beskou. In Engels word dikwels verwys na die beginsel van “fronting”. Hierdie baie […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Moenie lieg oor wie die gereelde bestuurder van jou voertuig is nie!

Kos jou versekering net te veel?

Het jy nog ‘n geldjie oor vir klere na jy jou versekeringspremies betaal het? Ek kon die versoeking nie weerstaan on hierdie foto, geneem deur Anton Geyser by die Varsitybeker rugby, te gebruik nie! Ons mag dalk vra wat is die verband tussen ‘n kaal jong man en versekering? Wel hierdie is nie ‘n geval […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Kos jou versekering net te veel?

Wanneer sal die versekering my voertuig as afgeskryf beskou?

Dit blyk dat die waarde van ‘n voertuig nie net by aankoop baie belangrik is nie, maar ook by die vraag wat die waarde van daardie voertuig is na ‘n ongeluk en of dit dalk liefs afgeskryf moet word… Selfs die Ombudsman in Engeland het aangetoon dat die afskryf van ‘n voertuig een van die […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Wanneer sal die versekering my voertuig as afgeskryf beskou?

Waar kan ek roekelose bestuur rapporteer?

Die Minster Van Vervoer het vroeër vandag weer versoek dat alle Suid-Afrikaners hul verbind tot padveiligheid. Ons kan bloot nie maar net verwag dat verkeersbeamptes orals teenwoordig kan wees en alle oortreders sal beboet of van die paaie verwyder nie. Dit is skrikwekkend om te verneem dat meer as 13,000 arrestasies uitgevoer is vir oortredings […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Waar kan ek roekelose bestuur rapporteer?

Identifiseer duidelik addisionele bekomstighede by jou voertuig se versekering

Die afgelope week het ek ‘n interessante bespreking gevolg op die webwerf van MyBroadband. Die bespreking was oor die versekering van voertuie waar daar ook heelwat ekstras [addisionele bykomstighede] aangekoop is wat sodoende die waarde van die voertuig verhoog. Ek wil graag die navraag sommer so in my eie woorde woorde vryelik vertaal: Navraag: Hoe […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Identifiseer duidelik addisionele bekomstighede by jou voertuig se versekering

Belastingbetalers betaal duur vir die versekering van polisievoertuie

Wie verseker die regeringsvoertuie en veral die voertuie bestuur deur ons polisie? Ek is nie seker wat die antwoord is nie. maar ek is wel seker dat dit nie goedkoop versekering sal wees nie! Die afgelope paar jaar het ons dikwels op die Arrive Alive webwerf ongelukverslae geplaas waarby polisievoertuie betrokke was. Die bestuurders van […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Belastingbetalers betaal duur vir die versekering van polisievoertuie

Ouer bestuurders benut ervaring vir veiligheid en bekostigbare versekering!

Ons hoor soms daar word verwys na die wysheid van die grysheid. In die versekeringsindustrie word ook soms verwys na die ouer garde as die “silwer surfers”. Met die ouderdom is daar definitief baie ervaring en wysheid – wysheid wat die bejaardes ook goed te pas kom op die paaie. Dit is interessant om te […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Ouer bestuurders benut ervaring vir veiligheid en bekostigbare versekering!