Waarvoor word jou gesteelde voertuig gebruik?

Dikwels wonder voertuigeienaars waarvoor hul gesteelde voertuie gebruik word – en of hul enigsens moet uitsien na nuus dat hul versekerde voertuie teruggevind is….

Die Arrive Alive webwerf het die afgelope week ‘n epos ontvang van ‘n gereelde besoeker wat ons graag ook hier met ons lesers wil deel. Dit is ‘n ware “Slegs in Suid-Afrika” storie!

Beeste oorleef nadat gesteelde Toyota Tazz gebruik is om hul te vervoer in Oos-Kaap

Hierdie Toyota Tazz is gesteel in die Oos-Kaap en was daarna betrokke in ‘n botsing.’

Groot was die polisiebeamptes se verbasing toe hulle 3 beeste binnekant aantref – netjies vasgemaak!

Nadat die beeste verwyder is het dit geblyk dat agterste sitplekke sowel as die voorste passasier sitplek verwyder is om die beeste in te pas binne die voertuig.

Hierdie storie het ‘n gelukkige einde – die laaste foto toon die 3 koeie nadat hul losgemaak is en wonderbaarlik ongedeurd rondstaan en die toneel gade slaan!

Posted on by jonckie

Comments Off on Waarvoor word jou gesteelde voertuig gebruik?