Ouer bestuurders benut ervaring vir veiligheid en bekostigbare versekering!

Ons hoor soms daar word verwys na die wysheid van die grysheid. In die versekeringsindustrie word ook soms verwys na die ouer garde as die “silwer surfers”. Met die ouderdom is daar definitief baie ervaring en wysheid – wysheid wat die bejaardes ook goed te pas kom op die paaie.

Dit is interessant om te let op die verskille in bestuur en versekering tussen jonger en ouer bestuurders. Terwyl jonger bestuurders in uitstekende fisiese gesondheid mag verkeer is dit hul oormatige selfvertroue wat hul die duurste maak om te verseker. Dit is algemeen bekend dat jonger mans deur versekeringsmaatskappye geag word om die hoogte risiko vir versekeringseise te wees.

Waarom is jonger bestuurders so ‘n hoë risiko?

Jonger bestuurders se bestuursgedrag weerspieël die volgende:

–          Gebrekkige bestuurservaring

–          Oormatige selfvertroue

–          Waaghalsigheid en hoë risiko bestuur

–          Bestuur teen hoë snelhede

–          Dronkbestuur en dikwels bestuur laat in die nag

–          Versuim om veiligheidsgordels te dra

–          Dikwels bestuur wat afgelei word deur teksboodskappe en kommunikasie op sosiale media platforms terwyl bestuur word.

Wat is die vernaamste risiko’s vir ouer bestuurders?

Met die ouderdom is dit die ouer bestuurders wat stelselmatig ‘n verswakking van die sintuie ervaar. Dit is veral sig en gehoor wat ook op die paaie belangrik kan wees. Ook die beweeglikheid en vermoë om skuins te draai of terug te kyk kan probleme skep vir die ouer bestuurder.

Met die ouderdom kom egter ook bestuurservaring en wysheid wat gebruik word om die ongeluksrekord mooi skoon te hou en te verseker dat versekeringspremies nie te vinnig duurder word nie.

Hoe word hierdie bestuur gekenmerk?

–          Beter antisipasie van gevaarsituasies as gevolg van groter bestuurservaring

–          Daar word bestuur teen laer spoed

–          Daar word korter afstande bestuur en dikwels alternatiewe vervoer gebruik oor lang afstande

–          Die tye wat bestuur word word aangepas om spitsverkeer te vermy.

–          Laer riskio’s vir die gebruik van moderne tegnologie op die pad wat die aandag mag aflei.

Ouer bestuurders is verantwoordelik vir veel minder ernstige ongelukke as wat ons mag verwag. Die versekerings eise spruit gewoonlik ook uit ongelukke teen laer spoed en is meer dikwels buffer ongelukke en skade tydens die parkeer van die voertuig!

Besoek gerus die volgende skakel vir meer inligting oor ouer bestuurders en padveiligheid.

Bejaardes en Padveiligheid

Jong bestuurder oorlede na bakkie rol 29 Desember 2011

Posted on by jonckie

Comments Off on Ouer bestuurders benut ervaring vir veiligheid en bekostigbare versekering!