Kos jou versekering net te veel?

Het jy nog ‘n geldjie oor vir klere na jy jou versekeringspremies betaal het? Ek kon die versoeking nie weerstaan on hierdie foto, geneem deur Anton Geyser by die Varsitybeker rugby, te gebruik nie! Ons mag dalk vra wat is die verband tussen ‘n kaal jong man en versekering? Wel hierdie is nie ‘n geval […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Kos jou versekering net te veel?

Mag motoriste stop binne ‘n verkeersirkel?

Die verkeersirkel is waarskynlik die verkeersmeganisme of aansluiting wat die meeste woede onder bestuurders veroorsaak. Maak nie saak waar jy met ander motoriste ‘n gesprek voer nie – meeste sal erken dat baie Suid-Afrikaanse bestuurders nie weet hoe om te bestuur by ‘n verkeersirkel nie. Die Arrive Alive webtuiste kry gereeld vrae van ontstelde motoriste […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Mag motoriste stop binne ‘n verkeersirkel?

Daar sal altyd ruimte wees vir die klein tot medium finansiële dienste onderneming in Suid-Afrika

Met die “GeselsVersekering” webtuiste wil ons graag die vergrootglas plaas op die versekeringsindustrie en nouer let nie net op spesifieke versekeringsprodukte in die mark nie, maar ook wat dit verg om ‘n professionele diens aan die verbruiker te lewer! Die klein tot medium finansiële dienste onderneming in Suid-Afrika Met hierdie doelwit voor oë het ek […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Daar sal altyd ruimte wees vir die klein tot medium finansiële dienste onderneming in Suid-Afrika

Spesifiseer altyd nuwe waardevolle items by jou versekering!

Is al jou nuwe waardevolle items ingesluit by jou versekeringskontrak? Daardie nuwe selfoon en iPad of rekenaar word te dikwels nie gespesifiseer in ons versekeringspolisse nie en dit lei tot groot ongelukkigheid tussen die versekerde kliënt en sy versekeraar of makelaar! Ek was die afgelope week aangenaam verras hoe bekostigbaar dit kan wees wanneer jy […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Spesifiseer altyd nuwe waardevolle items by jou versekering!

Dit is weer tyd om jou korttermynversekeringskontrak onder die vergootglas te beskou

Na die afloop van die feestyd spog baie huishoudings weer met nuwe toestelle. Volgens verskeie internetopnames was juweliersware, CDs, DVDs, kunswerke en selfs nuwe motors van die gewildste geskenke hierdie feestyd. “Behalwe al die duur geskenke wat baie van ons ontvang het, het verskeie Suid-Afrikaners hul welverdiende bonusse gebruik om nuwe toestelle en meubels te […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Dit is weer tyd om jou korttermynversekeringskontrak onder die vergootglas te beskou

Motoriste eis dat verkeersbeamptes ook die voorbeeld stel!!

Dit is nie net die publiek wat gehoor moet gee aan die padreëls nie! Ook verkeersbeamptes is verplig om om wetsgehoorsaam te wees en die  padreëls na te kom. Dit geld nie net ten opsigte van spoed nie, maar ook ten opsigte van die dra van veiligheidsgordels en ‘n verbod op selfoongesprekke wanneer hul bestuur! Dit is […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Motoriste eis dat verkeersbeamptes ook die voorbeeld stel!!

Hoe kan die verbruiker prysverhogings en inflasie beveg?

Hierdie Desember het ons almal weer besef hoe duur dinge geword het. Ek self het deur ‘n ou album geblaai en op 2 rugbykaartjies afgekom wat dateer uit 1984. Jy kon in 1984 ‘n rugby toetswedstryd tussen die Springbokke en Engeland bywoon vir R12! Elke jaar voel ons die effek van inflasie. Huidig is die […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Hoe kan die verbruiker prysverhogings en inflasie beveg?

Ouer bestuurders benut ervaring vir veiligheid en bekostigbare versekering!

Ons hoor soms daar word verwys na die wysheid van die grysheid. In die versekeringsindustrie word ook soms verwys na die ouer garde as die “silwer surfers”. Met die ouderdom is daar definitief baie ervaring en wysheid – wysheid wat die bejaardes ook goed te pas kom op die paaie. Dit is interessant om te […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Ouer bestuurders benut ervaring vir veiligheid en bekostigbare versekering!

Is versekering “telematics” die pad na goedkoper motorversekering?

In die versekeringsindustrie word huidig baie gepraat oor die begrip “insurance telematics”. Ek is nie seker wat die korrekte benaming in Afrikaans sal wees nie, maar kan waarskynlik verwys na versekerings telematie of telematika. Vir die doeleindes van hierdie bespreking wil ek graag die woord telematie gebruik. Waar kom die begrip versekerings telematie vandaan? Op […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Is versekering “telematics” die pad na goedkoper motorversekering?

Gee ons genoeg aandag aan ons versekering?

Aan die einde van 2011 is dit goed om ‘n paar oomblikke te neem, en terug te dink aan dit wat ons gedoen het gedurende die jaar en dit wat ons beter sou kon doen… Indien jy eerlik moet wees –hoeveel tyd het jy die afgelope jaar aan jou versekering bestee? Nie aan jou volledige […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Gee ons genoeg aandag aan ons versekering?