Motoriste eis dat verkeersbeamptes ook die voorbeeld stel!!

Dit is nie net die publiek wat gehoor moet gee aan die padreëls nie! Ook verkeersbeamptes is verplig om om wetsgehoorsaam te wees en die  padreëls na te kom. Dit geld nie net ten opsigte van spoed nie, maar ook ten opsigte van die dra van veiligheidsgordels en ‘n verbod op selfoongesprekke wanneer hul bestuur!

Dit is ook belangrik dat alhoewel hierdie verkeersbeamptes in die uitvoering van hul pligte waar dit noodsaaklik is hul wel moontlik ‘n padreël mag oorskry, dit slegs gedoen mag word waar die nie die veiligheid van ander padgebruikers in gevaar stel nie!

‘n Besoeker aan die Arrive Alive webtuiste het besluit om sy griewe teenoor die verkeersbeamptes te lig en ons wil graag soos volg aanhaal:

Ongelukkigheid en kritiek teen gedrag van verkeersbeamptes

Onderwerp: Onveilige en ongedissiplineerde optredes van verkeersbeamptes

Boodskap: As ‘n gereelde padgebruiker is ek bekommerd oor die wyse hoe sekere verkeersbeamptes hul pligte uitvoer soos byvoorbeeld :

1.Onveilige plekke waar voertuie afgetrek word .
2.Gebrekkige kennis betreffende handseine en padtekens .
3.Disrespekvolle aanspreekvorm van publiek en arrogant .
4.Lyftaal wat nie bevordelik vir padveiligheid is .
5.Ongedissiplineerd – stop voertuie sonder hoofdeksel-besig met selfoon ensovoorts .

Dit rig enorme skade aan die beeld wat na buite uitgestuur word ten koste van padveiligheid .Voertuigbestuurders moet alles maar net gelate aanvaar.Dis nie die moeite werd om met area – hoofde daaroor te praat,want daar word niks daaraan gedoen – jy verhoog net die kans dat jy geviktimiseer kan word .’

Ons het hierdie boodskap ook gestuur aan die Padbestuurskorporasie of RTMC. Dit is die Padbestuurskorporasie se taak om te verseker dat ons verkeersbeamptes behoorlik opgelei is en aangespreek word waar hul hulself skuldig maak aan onbehoorlike gedrag!

As padgebruikers is dit ons reg om beswaar te maak waar verkeersbeamptes onbehoorlik optree. Ons wil versoek dat alle motoriste die padreëls nougeset nakom – nie net om versekeringseise te vermy nie – maar om ook die regte van ander padgebruikers tot veiligheid te respekteer!

Posted on by jonckie

Comments Off on Motoriste eis dat verkeersbeamptes ook die voorbeeld stel!!