Mag motoriste stop binne ‘n verkeersirkel?

Die verkeersirkel is waarskynlik die verkeersmeganisme of aansluiting wat die meeste woede onder bestuurders veroorsaak. Maak nie saak waar jy met ander motoriste ‘n gesprek voer nie – meeste sal erken dat baie Suid-Afrikaanse bestuurders nie weet hoe om te bestuur by ‘n verkeersirkel nie.

Die Arrive Alive webtuiste kry gereeld vrae van ontstelde motoriste wat wil bevestig dat hul reg is en al die ander verkeerd is. Baie versekeringseise is ook as gevolg van bestuurders wat hul in die verkeerde baan bevind, wat van rigting verander binne die sirkel sonder om aan te toon dat hul dit doen, en party wat bestuur asof hul bloot aanvaar dat al die ander bestuurders weet hoe om te bestuur binne die sirkel! Hierdie is meestal eise agv bufferbotsings en sogenaamde sy-stamp ongelukke [sideswipe accidents].

Ek wil graag een so ‘n navraag aanhaal wat gerig is aan die Arrive Alive webwerf sowel as die antwoord verskaf deur Gavin Hoole, ons kundige ten opsigte van die K53 Bestuurstoets.

Vraag: Naby my huis is ‘n verkeersirkel naby aan ‘n skool. In beide die oggende en middae lei hierdie sirkel tot groot verkeersopeenhopings by die sirkel wat meebring dat mense stop binne die sirkel en die ander verkeer belemmer. Mag hul stop binne ‘n sirkel?

Antwoord: ‘n Verkeersirkel [roundabout] is ‘n aansluiting wat daarop gemik is om verkeersvloei te bevorder. Die padreël is dat by aansluitings jy nie die verkeersaansluiting mag binnegaan indien jy ander verkeer gaan belemmer nie.

Opmerking: Normaalweg, wanneer jy ‘n verkeersaansluiting of verkeersirkel binnegaan, is jy in staat om te sien wat die verkeerstoestande is naby die plek waar jy die verkeersirkel gaan verlaat. Indien daar ‘n verkeersopeenhoping is by die uitgang deur byvoorbeeld staande verkeer op daardie pad agv ander faktore soos ‘n botsing ens, dan sal die person wat die sirkel wil verlaat gedwonge moet stop binne die sirkel wat sou beteken dat hy die verkeersirkel ingegaan het met die wete dat hy sou moes stop. Dit sal neerkom op die minagting of verontagsaming van ‘n padreël.

Indien dit ‘n gereelde gebeurtenis is sal ek aanbeveel dat die verkeersowerhede gekontak word om voorkomende maatreëls te tref. Dit kan insluit die aanbring van verkeersbeamptes om verkeersvloei aan te help of die stadsingenieurs kan selfs aandag gee aan moontlike wysigings tot die uitleg van die pad.

Vir meer oor Verkeersirkels en Padveiligheid besoek gerus hierdie skakel in Engels:

Traffic Circles , Roundabouts and Road Safety

Posted on by jonckie

Comments Off on Mag motoriste stop binne ‘n verkeersirkel?