Onverskilligeheid van motoriste by beheerpunte tydens padwerke wek kommer

Die gedrag van sommige voertuigbestuurders by verkeersbeheerpunte tussen George en Oudtshoorn is ‘n bron van kommer vir kontrakteurs. Die Oudtshoorn Courant het gisteroggend ‘n navraag aan Henra-konstruksie gestuur nadat inwoners op Facebook gekla het van voorvalle waar voertuie glo uit beide rigtings binne die eenrigtinggedeeltes op mekaar afkom. Uit reaksie van motoriste wat die pad gereeld […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Onverskilligeheid van motoriste by beheerpunte tydens padwerke wek kommer

Noue ontkoming vir pa en 2 kinders in botsing teen bees in Robinsonpas

‘n Pa en sy twee kinders van Mosselbaai het vanoggend omstreeks 07:00 ‘n noue ontkoming gehad toe hulle motor ‘n bees duskant die Robinsonpas getref het. Die man en sy seun en dogter was vanaf Mosselbaai onderweg na ‘n vakansiebestemming toe die bees voor die motor beland het. Die bees was deel van ‘n trop […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Noue ontkoming vir pa en 2 kinders in botsing teen bees in Robinsonpas

Motorfietsryer sterf in ongeluk in padkonstruksie area buite Oudtshoorn

‘n Motorfietsryer van Oudtshoorn, Ernst van Biljon, is vanoggend oorlede na ‘n motorfietsongeluk. Hy was tussen 07:30 en 08:00 na De Rust onderweg toe die motorfiets by padverleggings die pad verlaat het. Die beseerde Van Biljon het aan paramedici gesê sy rug en skouer het seergekry, maar dit blyk dat hy toe met asemhaling begin […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Motorfietsryer sterf in ongeluk in padkonstruksie area buite Oudtshoorn

Behoeftebepalings gedoen om veiligheid in landelike gebiede te bevorder

Landbouverenigings, gebiedskantore en distrikslandbou-unies sal ’n behoeftebepaling doen van hul gebiede om veiligheid en misdaad voorkomend aan te spreek. ’n Riglyn hiervoor sal deur Vrystaat Landbou (VL) deurgestuur word om hulle te help om dit saam te stel. Só sê dr Jane Buys, Veiligheidsrisiko-analis van VL, nadat die ooreenkoms tussen VL en Fidelity ADT, wat […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Behoeftebepalings gedoen om veiligheid in landelike gebiede te bevorder

Meer as 100 veediefstal sake rapporteer in April in die Vrystaat

’n Totaal van 101 sake, 1 139 stuks vee én 31 landbougemeenskappe wat geraak is. Dit is die omvang van die enorme impak wat veediefstal slegs in April 2019 in die Vrystaat gehad het. Volgens dr Jane Buys, Veiligheidsrisiko-analis van Vrystaat Landbou (VL), bly veediefstal die grootste eiendomsverwante misdaad in die provinsie. Die statistiek van […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Meer as 100 veediefstal sake rapporteer in April in die Vrystaat

Arrestasie vir dronkbestuur na noodlottige ongeluk in Meiringspoort

Een persoon is vir dronkbestuur in hegtenis geneem na ‘n ongeluk gisteraand in Meiringspoort waarin een persoon dood is. Volgens ao. Willem Espa van die De Rust-polisiestasie, het die ongeluk 19:15 gebeur. Daar was vier insittendes in die voertuig, drie mans en ‘n vrou. Die oorledene is een van die mans wat ‘n passasier in […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Arrestasie vir dronkbestuur na noodlottige ongeluk in Meiringspoort

Vrystaat Landbou eis sterk optrede van wetstoepassers oor miltsiekte in Lesotho

“Vrystaat Landbou (VL) spreek ernstige kommer uit oor die uitbreek van miltsiekte in Lesotho. Dit kan katastrofiese gevolge vir die vleisbedryf in die provinsie inhou.” Só sê Francois Wilken, President van VL, nadat ’n uitbreking van dié siekte naby Maseru in Lesotho bevestig is. Volgens hom het VL oor ’n tydperk van 15 jaar die […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Landbou eis sterk optrede van wetstoepassers oor miltsiekte in Lesotho

Vroue ongedeerd na hul voertuig aan die brand slaan in Oudtshoorn

Twee vroue is ongedeerd nadat hulle voertuig vanoggend omstreeks 10:00 aan die brand geslaan het. Volgens die bestuurder was sy op pad om ‘n kwotasie te kry vir herstelwerk aan die motor. Sy het by ‘n stopstraat stilgehou en toe sy in Voortrekkerweg indraai het die enjin aan die brand geslaan. Personeel van Winston Linford […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vroue ongedeerd na hul voertuig aan die brand slaan in Oudtshoorn

Vrystaat Landbou lewer insette oor toestand van paaie

Vrystaat Landbou (VL) het insette gelewer tot ’n brief wat aan die Departement van Paaie oorhandig is om padprobleme aan te spreek. Volgens Dr Jack Armour, Bedryfsbestuurder van VL, het Agri SA op 26 April 2019 met die Nasionale Departement van Vervoer vergader en het sy organisasie insette gemaak oor die sistemiese probleme wat aangespreek […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Landbou lewer insette oor toestand van paaie

Mielieboere gemaan om op die uitkyk te wees vir diewe

Mieliediefstal het die laaste tyd in die Vrystaat toegeneem en landbouers word gewaarsku om veral tydens strooptyd ekstra voorsorg te tref sodat hulle nie slagoffers daarvan word nie. Só sê dr Jane Buys, Veiligheidsrisiko-analis van Vrystaat Landbou (VL). Hierdie voorsorg geld ook vir ander graangewasse wat geoes word. Volgens haar moet landbouers seker maak gestroopte […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Mielieboere gemaan om op die uitkyk te wees vir diewe