Arrestasie vir dronkbestuur na noodlottige ongeluk in Meiringspoort

Een persoon is vir dronkbestuur in hegtenis geneem na ‘n ongeluk gisteraand in Meiringspoort waarin een persoon dood is.

Volgens ao. Willem Espa van die De Rust-polisiestasie, het die ongeluk 19:15 gebeur.

Daar was vier insittendes in die voertuig, drie mans en ‘n vrou.

Die oorledene is een van die mans wat ‘n passasier in die voertuig was.

Dit blyk dat hulle in die rigting van Beaufort-Wes onderweg was toe die ongeluk gebeur het.

[Oudtshoorn Courant]

Posted on by jonckie

Comments Off on Arrestasie vir dronkbestuur na noodlottige ongeluk in Meiringspoort

Category: Veiligheid, Voertuig Tags :