Beseerdes keer terug na ongelukstoneel buite Oudtshoorn

Twee beseerde mans wat glo passasiers in ‘n bakkie was tydens ‘n botsing, het aanvanklik die toneel verlaat en later teruggekeer.

Die botsing het Sondagoggend omstreeks 02:00 op die brug oor die Olifatnsrivier buite Dysselsdorp plaasgevind.

Die bakkie het aan die verkeerde kant van die pad gery toe dit die brugreling getref het.

Met die aankoms van die polisie en nooddienste op die toneel, was die bebloede bakkie verlate.

Nadat die ambulans die toneel verlaat het, het twee mans te voet by die toneel opgedaag. Volgens omstanders was hulle gesigte vol bloed.

Hulle het beweer dat hulle passasiers in die bakkie was en van skok weggehardloop het.

Volgens hulle behoort die bakkie aan hulle werkgewer, ‘n subkontrakteur van Willowmore wat aan die pad tussen Oudtshoorn en De Rust werk.

[Oudtshoorn Courant]

Posted on by jonckie

Comments Off on Beseerdes keer terug na ongelukstoneel buite Oudtshoorn