Motorfietsryer sterf in ongeluk in padkonstruksie area buite Oudtshoorn

‘n Motorfietsryer van Oudtshoorn, Ernst van Biljon, is vanoggend oorlede na ‘n motorfietsongeluk.

Hy was tussen 07:30 en 08:00 na De Rust onderweg toe die motorfiets by padverleggings die pad verlaat het. Die beseerde Van Biljon het aan paramedici gesê sy rug en skouer het seergekry, maar dit blyk dat hy toe met asemhaling begin sukkel het.

Hy is binne minute hospitaal toe geneem waar hy kort daarna beswyk het.

Sy suster wat later by die toneel was, het gesê dat familielede wat tans in Gauteng is, teen môre met die media sal praat.

Van Biljon was in sy sestigs.

[Oudtshoorn Courant]

Posted on by jonckie

Comments Off on Motorfietsryer sterf in ongeluk in padkonstruksie area buite Oudtshoorn

Comments are closed.