Ambulans met ‘n pasiënt gestop in botsing met bees naby Calitzdorp

‘n Tweede botsing met ‘n dier in vier dae het Sondagaand op die Calitzdorppad plaasgevind. ‘n Ambulans wat met ‘n pasiënt na George onderweg was het omstreeks 20:10 teen ‘n bees, wat oor die pad geloop, het vasgery. Die bees was een van drie beeste wat iewers langs die pad deur ‘n heining gekom het. […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Ambulans met ‘n pasiënt gestop in botsing met bees naby Calitzdorp

4 Beseer in botsing na beweerde onwettige verbygaan op sperstreep

Vier werknemers van Eden-distriksmunisipaliteit is vanoggend omstreeks 05:45 beseer toe die bus waarin hulle onderweg was in ‘n botsing betrokke was met ‘n bakkie. Die bestuurder van die bakkie het op ‘n sperstreep en in ‘n draai ‘n vragmotor verbygesteek en die aankomende bus reg van voor getref. Vier passasiers in die bus is lig […]

Posted on by jonckie

Comments Off on 4 Beseer in botsing na beweerde onwettige verbygaan op sperstreep

Noodlottige botsing teen boom langs pad tussen Oudtshoorn en De Rust

‘n Botsing naby Dysselsdorp op die pad tussen Oudtshoorn en De Rust het vanoggend omstreeks 05:00 die lewe van ‘n jong man geëis. Glenton Swarts en Heino Pietersen was vanaf De Rust na Oudtshoorn onderweg toe hulle Toyota Tazz die pad verlaat het, gerol het en teen ‘n groot boom gebots het. Swarts het bestuur […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Noodlottige botsing teen boom langs pad tussen Oudtshoorn en De Rust

9 Beseer na minibus rol tussen Oudtshoorn en Dysselsdorp

9 Mense is lig beseer toe ‘n minibus waarin hulle was vanoggend net na 08:00 tussen Dysselsdorp en Oudtshoorn omgeslaan het. Die bussie het ongeslaan nadat ‘n agterband gebars het. Die bussie was een van twee voertuie wat ‘n kerkgroep van die Mighty Men-saamtrek in Middelburg vervoer het. Hulle was onderweg na Belville. Die bussie […]

Posted on by jonckie

Comments Off on 9 Beseer na minibus rol tussen Oudtshoorn en Dysselsdorp

Nabetragting oor die Paasnaweek en Sterftesyfers

Die 2017 Paasnaweek is iets van die verlede maar die tragiese deel daarvan sal nog lank met ons bly. Die Minister van Vervoer, Joe Maswanganyi  het Vrydag die voorlopige sterftesyfers vir 2017 se Paasnaweek bekend gestel. Dit is 51% hoër as verlede jaar. 2016 = 156 en 2017 = 235. Uit hierdie statistieke is dit […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Nabetragting oor die Paasnaweek en Sterftesyfers

Weet jou naasbestaandes of jy veilig is?

Arrive Alive het op 26 Maart 2017 die volgende getweet: “Notify your loved ones the moment you arrive alive.” Die skoolvakansie en die Paasnaweek is om die draai en ongelukkig is dit ook die tyd waar baie motorvoertuigbotsings plaasvind. Mense word in baie gevalle ernstig beseer en paramedici moet skarrel om lewensreddende inligting tydig te […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Weet jou naasbestaandes of jy veilig is?

Ongeluk buite Oudtshoorn volstruisplaas na toeriste U-draai maak

In die vierde botsing in die Oudtshoorn-omgewing dié naweek is ‘n vrou hospitaal toe geneem vir waarneming nadat sy van borspyn gekla het. Die vrou en haar man was gistermiddag, Sondag 12 Maart, omstreeks 15:00 vanaf Oudtshoorn na George onderweg nadat hulle by hulle kinders gekuier het, toe hulle in die botsing by die ingang […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Ongeluk buite Oudtshoorn volstruisplaas na toeriste U-draai maak

Bestuurder harloop weg, passasiers raak ontslae van drankbottels na botsing

Die bestuurder van ‘n Chevrolet Cruz wat omstreeks 20:00 reg van voor teen ‘n aankomende bakkie gebots het, het glo spore gemaak terwyl sy passasiers van drankbottels ontslae raak. Niemand is in die botsing by Perdeskoendraai beseer nie, maar beide voertuie is ernstig beskadig. Volgens die insittendes van die bakkie wat onderweg na George was […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Bestuurder harloop weg, passasiers raak ontslae van drankbottels na botsing

Vrou ernstig beseer toe voertuig rol tussen Oudtshoorn en Calitzdorp

‘n Jong vrou is vanoggend met ernstige beserings na die Oudtshoorn-hospitaal geneem na sy haar voertuig op die Calitzdorp-pad gerol het. Volgens ‘n ooggetuie wat van Calitzdorp se rigting onderweg was het die vrou na bewering te na aan die kant van die pad gery. “Dit het gelyk of sy geskrik het toe sy sien […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrou ernstig beseer toe voertuig rol tussen Oudtshoorn en Calitzdorp

Meisie ernstig beseer toe motor rol tussen Oudtshoorn en Mosselbaai

18-Jarige Liezl Meyer van Oudtshoorn, wat gistermiddag in ‘n ongeluk op die Mosselbaai-pad betrokke was, het verlede nag 2 breinoparasies in George ondergaan. Volgens haar pa is haar toestand ernstig. Haar Opel Corsa het ongeveer 30 km buite Oudtshoorn die pad verlaat en verskeie kere gerol. ‘n Labrador hondjie van 3 maande wat ook in die […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Meisie ernstig beseer toe motor rol tussen Oudtshoorn en Mosselbaai