Nabetragting oor die Paasnaweek en Sterftesyfers

Die 2017 Paasnaweek is iets van die verlede maar die tragiese deel daarvan sal nog lank met ons bly. Die Minister van Vervoer, Joe Maswanganyi  het Vrydag die voorlopige sterftesyfers vir 2017 se Paasnaweek bekend gestel. Dit is 51% hoër as verlede jaar. 2016 = 156 en 2017 = 235. Uit hierdie statistieke is dit skokkend dat soveel mense steeds op ons paaie sterf. Vir elkeen wat sterf is daar ongeveer 10 ernstig beseerde pasiënte.  Die regering spandeer jaarliks R 147 biljoen rand aan padveiligheid (3.4% van die land se BBP, Bruto Binnelandse Produk.) Die padongevalle fonds betaal jaarliks 33 biljoen rand uit aan eise wat ʼn direkte invloed op ons as publiek se sakke het.) Lees gerus die volle persverklaring van die minister 

By CrisisOnCall kry ons deurentyd die statistieke van ons ambulansdiensverskaffers en dit is duidelik uit die inligting dat hulle baie sukkel om ernstig beseerde pasiënte se mediese inligting vinnig te bekom. Hierdie inligting help hulle om vinnig ingeligte besluite te neem maar indien dit nie beskikbaar is nie kan dit ʼn kosbare lewe kos.

CrisisOnCall is byna 15 jaar reeds in samewerking met paramedici betrokke by identifikasie wat vinnig lewensbelangrike inligting verskaf.

Ons as publiek raak moedeloos want soveel mense sterf onnodig op ons paaie om nie eers van die te praat wat so beseer word dat hulle nooit weer 100% vir hulself kan sorg nie. Hierdie kos die land se ekonomie biljoene rand per jaar.

Die werklikheid is dat onskuldige mense sterf of beseer word deur ʼn ander party se nalatigheid. Tydens ʼn gesprek met van die paramedici wat die Paasnaweek gewerk het, het hulle weer eens die gebrek aan inligting beklemtoon. Dit maak hul behandeling soveel moeiliker want hulle kan nie  vinnig ingeligte besluite neem nie. Dit kan dan ook gebeur dat mense sterf as gevolg van ʼn gebrek aan tydige inligting. Baie mense besef steeds nie die waarde daarvan nie en dan ook die “sindroom” dat dit nie met my gaan gebeur nie, maar net met my buurman! Die ironie is dat jy ook iemand se buurman is.

Wie lig naasbestaandes in wanneer ʼn familielid in ʼn botsing ernstig beseer is? Soms hoor hulle ure of selfs dae later eers van die botsing! Verder is dit nie ʼn goeie reëling om naasbestaandes na ʼn botsingstoneel te ontbied nie. Dit is uiteraard baie traumaties. Inligting is egter nodig en dit gebeur baie keer dat die naasbestaandes dan juis opdaag om inligting te verskaf. Eerstens plaas dit die naasbestaandes se lewens en ander padgebruikers in gevaar en tweedens wil paramedici nie naasbestaandes op die toneel hanteer nie. Waarom? Hulle prioriteit is die pasiënt en nie die naasbestaande wat as gevolg van skok met hul werk kan inmeng, ens. nie.

Die ideaal is dus om CrisisOnCall te skakel, die bandjienommer te kwoteer, al die belangrike inligting te bekom en die pasiënt daar en dan te behandel tot voordeel van die pasiënt. CrisisOnCall kontak die naasbestaandes en lig hul in van omstandighede terwyl hulle na die hospitaal waar die pasiënt heen vervoer word gestuur word. Naasbestaandes se reis word ook gemonitor en hulle word op hoogte gehou van die situasie met die pasiënt. Geen onnodige gejaag of stres oor hoe dit werklik met die familie gaan nie.

Kontak CrisisOnCall gerus vir meer inligting oor ʼn familie pakket wat die identifikasie, reismonitering, krisislyn, betaal van die naaste ambulansdiens (pad of lugvervoer) sowel as baie ander voordele.

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Nabetragting oor die Paasnaweek en Sterftesyfers