Vrou ernstig beseer toe voertuig rol tussen Oudtshoorn en Calitzdorp

‘n Jong vrou is vanoggend met ernstige beserings na die Oudtshoorn-hospitaal geneem na sy haar voertuig op die Calitzdorp-pad gerol het.

Volgens ‘n ooggetuie wat van Calitzdorp se rigting onderweg was het die vrou na bewering te na aan die kant van die pad gery.

“Dit het gelyk of sy geskrik het toe sy sien hoe naby aan die kant sy is en die volgende oomblik toe rol die kar. Ek en die tannie saam met wie ek ry het uitgeklim en gaan kyk. Sy het uit die voertuig geval toe dit gerol het,” vertel sy.

Nooddienste was baie vinnig op die toneel.

Sover vasgestel kan word het die 22-jarige vrou beserings aan haar borskas opgedoen.

[Oudtshoorn Courant]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrou ernstig beseer toe voertuig rol tussen Oudtshoorn en Calitzdorp