Drie beseer toe koedoe voor minibus inspring tussen De Rust en Uniondale

Drie mense is in die hospitaal opgeneem na die taxi waarin hulle gery het, met ‘n koedoe gebots het. Die botsing het omstreeks 16:40 gistermiddag (Sondag 27 Augustus) in die Barandas-omgewing tussen Uniondale en De Rust plaasgevind. Die bestuurder, Randall Akker en twee jeugdige passasiers is per ambulans hospital toe vervoer. Die een passasier is […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Drie beseer toe koedoe voor minibus inspring tussen De Rust en Uniondale

Noue ontkoming in ongeluk naby Waboomskraal, Oudtshoorn

Vier volwassenes en ‘n kind was gelukkig om bykans ongedeerd weg te stap na ‘n botsing by Waboomskraal waarin vier voertuie beskadig is. ‘n Bekende sakeman van Oudtshoorn, Sias van Greunen, sy vrou, Lizette, en hulle kleindogter Annandie was Vrydagoggend omstreeks 09:30 na die George-lughawe onderweg toe ‘n aankomende bakkie ‘n voertuig verbysteek en reg […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Noue ontkoming in ongeluk naby Waboomskraal, Oudtshoorn

Wat is die lengte en wydte spesifikasies waaraan my trekker moet voldoen om op openbare pad te kan ry?

Vraag: Ons het ‘n John Deere 4630 Spuittrekker wat van een plaas na ‘n ander plaas moet beweeg so 50km uit mekaar. Tussen die plase is ‘n dorp waar die verkeersdepartement alewig sit en elkeen het ‘n eie siening oor die trekker. Een sê hy is te lank / ander sê hy is te breed […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Wat is die lengte en wydte spesifikasies waaraan my trekker moet voldoen om op openbare pad te kan ry?

Meisie ernstig beseer toe motor rol tussen Oudtshoorn en Mosselbaai

18-Jarige Liezl Meyer van Oudtshoorn, wat gistermiddag in ‘n ongeluk op die Mosselbaai-pad betrokke was, het verlede nag 2 breinoparasies in George ondergaan. Volgens haar pa is haar toestand ernstig. Haar Opel Corsa het ongeveer 30 km buite Oudtshoorn die pad verlaat en verskeie kere gerol. ‘n Labrador hondjie van 3 maande wat ook in die […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Meisie ernstig beseer toe motor rol tussen Oudtshoorn en Mosselbaai

Motorfietsryer beland onder vragmotor in Oudtshoorn

OUDTSHOORN NUUSFLITS – ‘n Jong vrou is vanmiddag met ernstige beserings met die AMS-helikopter na George vervoer na sy in Rademeyerstraat in ‘n ongeluk betrokke was. Volgens ‘n getuie het die vrou uit Rademeyerstraat met haar motorfiets gery. Die botsing het gebeur toe sy regs in Oostelikeweg gedraai het en ‘n vragmotor wat van voor […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Motorfietsryer beland onder vragmotor in Oudtshoorn

Motorkapings is maklik! Volg hierdie wenke om jouself te beveilig!

Statistieke wys dat motorkapings aan die toeneem is. Gedurende 2016 het dit met meer as 14% toegeneem teenoor 2015. Dit is eintlik ʼn baie maklike metode om ʼn voertuig te steel want geen van die veiligheidstelsels om diefstalle te voorkom is geaktiveer nie. Die enjin is aangeskakel, en die kaper kan dus net inklim en […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Motorkapings is maklik! Volg hierdie wenke om jouself te beveilig!

4 Beseer in ongeluk tussen Oudtshoorn en George

OUDTSHOORN NUUS – Vier mense is met ligte beserings na die hospitaal geneem na ‘n botsing op die George-pad. Die ongeluk het vanaand voor 19:00 voor Chandelier gebeur. Die voertuig met die vyf insittendes was vanuit George se rigting onderweg toe die botsing plaasgevind het. Met die aankoms van die Oudtshoorn Courant op die toneel […]

Posted on by jonckie

Comments Off on 4 Beseer in ongeluk tussen Oudtshoorn en George

Toyota Gazoo Racing SA behou posisie in voorlaaste sneltrajek van Dakar 2017

RÍO CUARTO, ARGENTINIË – Sneltrajek 11 van die 2017-Dakar was nog ’n lang, warm geswoeg vir die renjaers wat aan die wêreld se moeilikste motorren deelneem. Vir Toyota Gazoo Racing SA was dit egter ook ’n benoude voorlaaste sneltrajek in die byeenkoms waartydens Giniel de Villiers en sy navigator, Dirk von Zitzewitz, hul algehele posisie […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota Gazoo Racing SA behou posisie in voorlaaste sneltrajek van Dakar 2017

Sneltrajek 4 van Dakar 2017 bring verligting vir Toyota Gazoo Racing SA

TUPIZA, BOLIVIË – Die drie sneltrakte van die 2017-Dakar-ren het vir gemengde gevoelens in die Toyota Gazoo Racing SA-kamp gesorg. Aan die begin was dit ’n oorwinning in die openingsneltrajek vir Nasser Al-Attiyah en sy navigator, Mathieu Baumel (#301), wat die span met trots en vertroue gevul het. Sneltrajek twee het vir ’n tweede plek […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Sneltrajek 4 van Dakar 2017 bring verligting vir Toyota Gazoo Racing SA

Groot opwinding toe Toyota Gazoo Racing SA openingsneltrajek van Dakar 2017 wen

RESISTENCIA, ARGENTINIË – Die 2017-Dakar-ren het op volmaakte wyse vir die Toyota Gazoo Racing SA-renspan begin toe Nasser Al-Attiyah en sy navigator, Mathieu Baumel (#301), die openingsneltrajek met Al-Attiyah se 26e sneltrajekoorwinning in die Dakar-ren gewen het. Giniel de Villiers en sy navigator, Dirk von Zitzewitz (#302), het die vyfde vinnigste tyd van die dag […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Groot opwinding toe Toyota Gazoo Racing SA openingsneltrajek van Dakar 2017 wen