Castrol Toyota – Renspan skuif al nader aan tweede agtereenvolgende veldrenkampioenskap

    Anthony Taylor/Dennis Murphy (Toyota Hilux) 1e algeheel en 1e in Klas SP Duncan Vos/Rob Howie (Toyota Hilux) 2e algeheel en 2e in Klas  SP Johan en Werner Horn (Toyota Land Cruiser) 1st in Klas  D Toyota wen vervaardigersprys   Anthony Taylor en Dennis Murphy (Klas SP-Castrol-Toyota Hilux) het hul vierde agtereenvolgende oorwinning in […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Castrol Toyota – Renspan skuif al nader aan tweede agtereenvolgende veldrenkampioenskap

Eerste foto’s van Toyota se wilde eko-vegter, die Yaris R-hibried

Toyota het ons verrigtingsverbeelding ’n paar dae gelede geprikkel met ’n paar tergfoto’s van die komende Yaris R-hibried-konsepmodel, wat sy wêreldbuiging by aanstaande week se Frankfurtse Motorskou sal maak. Hierdie super-blitsbuks is nou die heel eerste keer in sy volle ‘groen’ glorie te sien. Net om jou te herinner: hier is ’n paar van die […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Eerste foto’s van Toyota se wilde eko-vegter, die Yaris R-hibried

Lexus onthul vlymskerp LF-NX sportnuts-konsepmodel

• Lexus onthul kompakte sportnuts-konsepmodel met kenmerkende en gebeitelde stilering • LF-NX pronk met kragtige en doeltreffende hibried-kragbron • LF-NX kry nuwe raaksensitiewe afstandbeheer-raakskerm • ‘Mensgerigte’ L-Finesse-binneruimontwerp Lexus sal die LF-NX, ’n kompakte sportnuts-konsepmodel, by die 2013-Frankfurtse Motorskou (IAA) onthul. Die LF-NX, wat deur Lexus se unieke hibriedkragbron-tegnologie aangedryf word, balanseer verrigting en ekonomie terwyl […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Lexus onthul vlymskerp LF-NX sportnuts-konsepmodel

Toyota Corolla: Die wêreld se gewildste motor Wêreld-topverkoper met meer as 40 miljoen verkope

Toyota City, Japan, 5 September 2013 – Die Toyota-Motorkorporasie (TMC) kondig vandag aan dat saamgestelde verkope van die Toyota Corolla, die wêreld se gewildste motor, in Julie die 40-miljoen-kerf verbygesteek en altesaam 40,01 miljoen eenhede verkoop het. Dié mylpaal vier nog ’n geskiedkundige prestasie vir Toyota se standhoudende wêreldmotor. Toyota het in November 1966 ’n […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota Corolla: Die wêreld se gewildste motor Wêreld-topverkoper met meer as 40 miljoen verkope

Vyfster-Veiligheidsgradering in Euro-NCAP-botstoetse vir nuwe Toyota Auris en RAV4

Toyota se verbintenis tot die hoogste veiligheidstandaarde het skitterende resultate opgelewer nadat die nuwe Auris sowel as die RAV4 die hoogste moontlike telling – 5 sterre – in die onafhanklike Euro-NCAP-botstoetse losgeslaan het. Dié twee voertuie is van die eerste modelle wat ten volle aan die strawwer toetsvereistes vir 2013 voldoen. Auris Die Auris, wat […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vyfster-Veiligheidsgradering in Euro-NCAP-botstoetse vir nuwe Toyota Auris en RAV4

Castrol-Toyota Renspan mik na nog ‘n veldren titel

Toyota Motorsport is ná hul skitterende dubbele oorwinning in die onlangse Sun City 400 in Noordwes ses weke gelede – dit was die kampioenskapsvoorlopers Anthony Taylor en Dennis Murphy se derde agtereenvolgende oorwinning in hul Castrol-Hilux – daarop uit om hul voordeel hierdie naweek in die nuwe Vryburg 400, die sesde ronde van die Donaldson-veldtydrenkampioenskap, […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Castrol-Toyota Renspan mik na nog ‘n veldren titel

Bridgestone se inisiatief vir jong bestuurders kry momentum

Die bandevervaardiger Bridgestone se inisiatief om jong bestuurders aan groter veiligheid bloot te stel, is besig om te versnel. Meer as 110 skoolkinders wat al oud genoeg is om te bestuur, het sedert die aanvang van die Bridgestone-nabootser-ervaring in Julie 2013 die geleentheid gehad om agter die stuur in te skuif en ’n voorsmakie van […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Bridgestone se inisiatief vir jong bestuurders kry momentum

Lichtenburg wys nare kant van Bridgestone 4×4-Uitdaging

Hulle’t gekom, gekyk, en gesukkel… Dít was die verhaal van die sewende ronde van die Bridgestone-4×4-Klubuitdaging, wat deur die Lichtenburg-4×4-klub aangebied is. Die organiseerders het hierdie keer besluit om die krane tussen die ou mynhope, wat besaai was met ’n marmeragtige soort gruis wat omtrent enige 4×4 in sy spore kon stop, oop te draai. […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Lichtenburg wys nare kant van Bridgestone 4×4-Uitdaging

Loopvlakslytasie-wyser ‘n waardevolle middel om te wys of voertuig se bande nog veilig is!

Noudat die lente net om die draai is, is dit tyd vir motoreienaars in die somerreënvalgebiede om daaraan te begin dink en seker te maak hul voertuie se bande is opgewasse vir die taak wat op hulle wag. Dít is die boodskap van die bandevervaardiger Bridgestone, wat gesê het een van die beste maniere om […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Loopvlakslytasie-wyser ‘n waardevolle middel om te wys of voertuig se bande nog veilig is!

Toyota Motorsport hunker na oorwinning in nuwe byeenkoms op tydrenkalender

Toyota Motorsport Suid-Afrika se tydrenspan – Johnny Gemmell en Carolyn Swan (Castrol-Toyota Yaris S2000), Leeroy Poulter en Elvéne Coetzee (Castrol-Toyota Yaris S2000) en Giniel de Villiers en Greg Godrich (Imperial Toyota-Yaris S2000) – is almal daarop uit om die nuwe 2013-Yaris-tydrenmotor met vierwielaandrywing hierdie naweek tot sy eerste oorwinning in die vyfde ronde van die […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota Motorsport hunker na oorwinning in nuwe byeenkoms op tydrenkalender