Werknemer met afleweringsmotorfiets in ongeluk in Oudtshoorn

‘n Motorfietsryer is sowat ‘n uur gelede per ambulans hospItaal toe geneem nadat hy in Langenhovenweg van agter teen ‘n Toyota Tazz gebots het. Die slag het die man oor die stuurstang gegooi en die motorfiets het onderstebo in die pad te lande gekom. Volgens die bestuurder van die motor wat haar kind by haar […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Werknemer met afleweringsmotorfiets in ongeluk in Oudtshoorn

Bekende in landboukringe sterf toe bakkie rol buite Oudtshoorn

n Bekende man in landboukringe is vanaand omstreeks 22:00 oorlede in ‘n ongeluk naby Surval op die grottepad. Hy was vanaf sy werk onderweg na sy huis toe sy dubbelkajuitbakkie op ‘n draai die pad verlaat en gerol het. Nooddienswerkers het die bakkie se deure en dak met meganiese toerusting afgesny om by hom te […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Bekende in landboukringe sterf toe bakkie rol buite Oudtshoorn

Bestuurder verloor beheer oor bakkie tussen George en Oudtshoorn

‘n Ongeluk het vroeër vanaand sowat sowat 20 km buite Oudtshoorn op die George-pad plaasgevind. Die bestuurder van ‘n Chevrolet-bakkie het op ‘n draai uitgeswaai om ‘n aankomende voertuig te vermy en beheer verloor. Hy het links van die pad teen ‘n wal afgery en in die veld beland. Hy het sy been beseer. Hy […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Bestuurder verloor beheer oor bakkie tussen George en Oudtshoorn

Noue ontkoming in ongeluk naby Waboomskraal, Oudtshoorn

Vier volwassenes en ‘n kind was gelukkig om bykans ongedeerd weg te stap na ‘n botsing by Waboomskraal waarin vier voertuie beskadig is. ‘n Bekende sakeman van Oudtshoorn, Sias van Greunen, sy vrou, Lizette, en hulle kleindogter Annandie was Vrydagoggend omstreeks 09:30 na die George-lughawe onderweg toe ‘n aankomende bakkie ‘n voertuig verbysteek en reg […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Noue ontkoming in ongeluk naby Waboomskraal, Oudtshoorn

Seuntjie sterf na fratsongeluk by weermaguitstalling by KKNK, Oudtshoorn

Die seuntjie wat Vrydagmiddag ernstige hoofbeserings in n fratsongeluk op ‘n weermagvoertuig opgedoen het, is vanoggend oorlede. Josh Pharoh (9) van Paarl, is beseer toe hy Vrydagmiddag by die SA Weermag se uitstalling op ‘n pantservoertuig geklim het, sy balans verloor en in die ruim van die voertuig ingeval het. Hy is Vrydag vanaf Oudtshoorn […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Seuntjie sterf na fratsongeluk by weermaguitstalling by KKNK, Oudtshoorn

Bestuurder harloop weg, passasiers raak ontslae van drankbottels na botsing

Die bestuurder van ‘n Chevrolet Cruz wat omstreeks 20:00 reg van voor teen ‘n aankomende bakkie gebots het, het glo spore gemaak terwyl sy passasiers van drankbottels ontslae raak. Niemand is in die botsing by Perdeskoendraai beseer nie, maar beide voertuie is ernstig beskadig. Volgens die insittendes van die bakkie wat onderweg na George was […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Bestuurder harloop weg, passasiers raak ontslae van drankbottels na botsing

Meisie ernstig beseer toe motor rol tussen Oudtshoorn en Mosselbaai

18-Jarige Liezl Meyer van Oudtshoorn, wat gistermiddag in ‘n ongeluk op die Mosselbaai-pad betrokke was, het verlede nag 2 breinoparasies in George ondergaan. Volgens haar pa is haar toestand ernstig. Haar Opel Corsa het ongeveer 30 km buite Oudtshoorn die pad verlaat en verskeie kere gerol. ‘n Labrador hondjie van 3 maande wat ook in die […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Meisie ernstig beseer toe motor rol tussen Oudtshoorn en Mosselbaai

7-Jarige sterf in fratsongeluk na pa sleutel in voertuig los.

‘n 7-Jarige is Sondag in Bongolethu dood na hy na bewering in ‘n voertuig gespeel het. Volgens sers. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het die voorval tussen 11:20 en 12:20 gebeur. “Na bewering het die oorlede seuntjie se pa die voertuig se sleutel in die voertuig gelos. Die seuntjie het toe aan die sleutel […]

Posted on by jonckie

Comments Off on 7-Jarige sterf in fratsongeluk na pa sleutel in voertuig los.

Verdagte vasgetrek na hy sy selfoon verloor op misdaadtoneel

Die huisrower wat vanoggend deur die Oudtshoorn-polisie vasgetrek is, het ‘n selfoon geroof maar sy eie selfoon op die misdaadtoneel vergeet toe hy op die vlug geslaan het. Die man het omstreeks 02:30 vanoggend (17 Februarie) by Montana-gasteplaas in Schoemanshoek, Oudtshoorn deur ‘n oop venster tot ‘n gaste-eenheid toegang verkry. Twee toeriste van Graz, Oostenryk, […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Verdagte vasgetrek na hy sy selfoon verloor op misdaadtoneel

Polisie soek na handsakdiewe in Oudtshoorn

Handsakdiewe, wat op ‘n slinkse wyse ‘n toeris se handsak met waardevolle items in die eetsaal by die Queens Hotel gesteel het, het vanoggend wéér toegeslaan. Op Dinsdagoggend, 3 Januarie, het diewe met ‘n toeris se handsak vol waardevolle items, uit die Queens Hotel se eetsaal in die niet verdwyn. Vanoggend omstreeks 07:50 by die […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Polisie soek na handsakdiewe in Oudtshoorn