Landbou is ’n vennootskap van klomp rolspelers – Wilken

Vrystaat Landbou (VL) beskou die uitsprake dat 20% produsente 80% van Suid-Afrika se voedsel produseer as onverantwoordelik en gevaarlik. Só het Francois Wilken, President van VL, gesê nadat dié uitlatings onlangs in die media gemaak is. Volgens hom word landbou in die Vrystaat as ’n geïntegreerde vennootskap tussen almal in die landbou-waardeketting beskou. Dit sluit […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Landbou is ’n vennootskap van klomp rolspelers – Wilken

Vrystaat Landbou moedig lede aan om werkswinkels oor veiligheid by te woon!

Veiligheidwerkswinkels sal in Maart en April 2019 regoor die provinsie aangebied word om veral Vrystaat Landbou (VL) se veiligheidskoördineerders te bemagtig en op te lei. Volgens dr Jane Buys, Veiligheidsrisiko-analis van VL, sal die werkswinkels in streke gehou word waar dit nog nie aangebied is nie. Dit sal onder meer fokus op die veiligheidshandleiding. “Alle […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Landbou moedig lede aan om werkswinkels oor veiligheid by te woon!

Nuwe hulplyn help landbouers met veediefstal

Om die enorme impak van veediefstal beter te bepaal, tendense raak te sien én inligting te versamel om dit te bekamp. Dis volgens dr Jane Buys, Veiligheidsrisiko-analis van Vrystaat Landbou (VL), van die redes waarom ’n veediefstal-hulplyn in die Vrystaat begin is. “Misdaadstatistieke wys dat tussen 67% tot 80% van veediefstal nie aangemeld word nie,” […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Nuwe hulplyn help landbouers met veediefstal

Noue ontkoming vir bestuurder na voertuig rol buite Oudtshoorn

Die eienaar van ‘n Mercedes, wat hy gister in die Kaap gekoop het, het sonder ‘n skraap aan ‘n botsing ontkom.  Die man was na Johannesburg onderweg nadat hy die motor gister in ontvangs geneem het.  Hy het vanoggend net na 07:00 in ‘n draai op die Mosselbaaipad beheer verloor, waarna die motor gerol het.  […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Noue ontkoming vir bestuurder na voertuig rol buite Oudtshoorn

Beheerbeampte lig beseer toe beheerpunt omwaai in sterk wind buite Oudtshoorn

 ‘n Vrou wat een van die verkeerspunte tussen Oudtshoorn en De Rust beman is lig beseer toe ‘n sterk wind die beheerpunt wat op ‘n sleepwa is, omgedip het.  Die rukwind wat op verskeie plekke skade aangerig het, het met gietende reën gepaard gegaan.  ‘n Huis naby die beheerpunt is ook beskadig toe ‘n boom […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Beheerbeampte lig beseer toe beheerpunt omwaai in sterk wind buite Oudtshoorn

Huiseienaars gewaarsku oor slange tydens droogte

Mornay Thysse, bekende slangvanger en brandweerman, het sedert die begin van Januarie 12 slange in die Oudtshoorn-distrik gevang. Volgens hom is die mees algemene slange die bruin huisslang, Kaapse kobra en boomslang. “Die gebied is droog en daarom kom slange nader aan huise om kos en water te soek. Dit is van kardinale belang dat […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Huiseienaars gewaarsku oor slange tydens droogte

Vrystaat Landbou op soek na 24ste Jongboer van die Jaar

Daar is nog baie ander briljante jong landbouers, wat beter produsente as hy is, wat die fakkel moet oorvat en die beeld van landbou in Suid-Afrika verder kan uitbou. Só het Nelius Ferreira, Vrystaat Landbou (VL) se Jongboer van die Jaar vir 2018, gesê. Volgens die Bonsmara-boer van Harrismith is dit juis interaksie met ander […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Landbou op soek na 24ste Jongboer van die Jaar

Onwettige vuurwerke vernietig in Suid-Kaap

Die polisie se plofstofeenheid in Mosselbaai het bykans R30 000 se vuurwerke wat by lede van die publiek gekonfiskeer is, by die brandweerstasie op Oudtshoorn gehaal. Die vuurwerke is gedurende Desember deur die brandweer en wetstoepassers gekonfiskeer.  Die afvuur van vuurwerke is onwettig in Oudtshoorn en geen lisensies word toegeken vir die verkoop van vuurwerke […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Onwettige vuurwerke vernietig in Suid-Kaap

Vrystaat Landbou betreur Koffiefontein voorval waarin landbouers, polisielid dood is

Vrystaat Landbou (VL) betreur die tragiese voorval waarin twee landbouers en ’n polisieman op 10 Januarie 2019 naby Koffiefontein dood en ’n ander polisieman gewond is. Hy betreur ook die soort optrede waar ’n landbouer verantwoordelik is vir die dood van ’n mede-landbouer, asook ’n polisiebeampte. Só sê Tommie Esterhuyse, Vise-president van VL. Volgens Esterhuyse […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Landbou betreur Koffiefontein voorval waarin landbouers, polisielid dood is

Duitse toeris lig beseer toe voertuig rol tussen Oudtshoorn en George

 ‘n Duitse toeris is lig beseer toe sy gehuurde Datsun GO omstreeks 11:30 op die Georgepad-gerol het.  Sy vrou het bestuur toe sy beheer oor die motor verloor het.  ‘n Verkeersbeampte wat van voor gekom het, het gesê die Datsun het verskeie kere heen en weer geswaai voordat dit getol en omgeslaan het. Oudtshoorn Courant

Posted on by jonckie

Comments Off on Duitse toeris lig beseer toe voertuig rol tussen Oudtshoorn en George