Waar kan ek die egtheid van die lisensies van buitelandse bestuurders bevestig?

Vraag:

Ons kry baie aansoeke van Zimbabwiers en Malawierse burgers as drywers van swaar voertuie. Die lisensies lyk geldig ens. tot een n ongeluk maak en dan deur versekering meegedeel word dat dit ongeldig is. Versekering kan nie help voor aanstelling van drywers sowel as Suid Afrika se verkeers-afdelings en drywers se konsulate gee nommers van verkeersdepartemente wie ook nie behulpsaam is nie.

U insette sal waardeer word.

Antwoord:

Ek stel voor julle kontak die ambasade of hoë kommissaris van die land.

Zimbabwe het ook ‘n Road Safety Agency wat sulke funksies verrig maar dit neem partykeer baie lank om die inligting te bevestig.

Suid-Afrika het ongelukkig nie ‘n stelsel om die buurlande se lisensie te verifier nie.

Groete

Alta Swanepoel

Posted on by jonckie

Comments Off on Waar kan ek die egtheid van die lisensies van buitelandse bestuurders bevestig?