Ses mense beseer in botsing in Robinsonpas

Ses mense het met geringe beserings daarvan afgekom toe hulle Ford-motor op die Robinsonpas op die R328 tussen Oudtshoorn en Mosselbaai in ‘n botsing betrokke was.

Die botsing het kort voor 08:00 plaasgevind.

Die oorsaak van die botsing, waar die motor na bewering in die rigting van Mosselbaai gery het en aan die teenoorgestelde kant van die pad met ‘n grondwal en waterafvoerkanaal gebots het, word ondersoek.

Nooddienspersoneel was kort na die voorval op die toneel en het die ses insittendes, vier mans en twee vroue, uit die motor bevry. Almal is na nabygeleë hospitale vervoer.

Aanvanklike gerugte wat beweer het dat twee motors in die botsing betrokke was, het groot verwarring geskep met nooddienste se uitroep na die toneel.

Oudtshoorn Courant

Posted on by jonckie

Comments Off on Ses mense beseer in botsing in Robinsonpas