Soveelste botsing by berugte kruising in Oudtshoorn

Die soveelste botsing hierdie jaar het vanmiddag omstreeks 12:40 by die kruising van Baron van Reede- en Van der Rietstraat plaasgevind.

Dit blyk dat die bestuurder van ‘n Hyundai met Van der Rietstraat onderweg was en toe by stopstraat voor ‘n Ford bakkie in gery het.

Die Ford was met Baron van Reedestraat in die rigting van die grotte onderweg en het die Hyundai op die regtersy getref.

Die twee bestuurders was alleen in die onderskeie voertuie en is nie ernstig beseer nie.

[Oudtshoorn Courant]

Posted on by jonckie

Comments Off on Soveelste botsing by berugte kruising in Oudtshoorn