Ingeligte besluite oor versekering belangrik aan die begin van die jaar!!

Ons het allerlei voornemens so aan die begin van die jaar. Baie van hierdie voornemens en doelwitte gaan oor ons fisiese gesondheid en ons finansiële welstand. Die Desember vakansie is ‘n tyd wat ons dikwels oortree in beide hierdie areas. Ons eet en drink te veel en ons spandeer te veel geld op reis, verblyf […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Ingeligte besluite oor versekering belangrik aan die begin van die jaar!!

Verkope van nuwe voertuie bly op koers in November

Verkope van nuwe voertuie het in November ná ’n lewendige Oktober ietwat verslap en op altesaam 53 134 nuwe voertuie te staan gekom. Dit is 8,1% laer as die baie sterk vorige maand, maar is steeds beduidend beter (7,3%) as die ooreenstemmende maand in 2011. “Die kern-markaanwysers is nog in November teenwoordig,” sê Dr. Johan […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Verkope van nuwe voertuie bly op koers in November

Maak seker dat jou motorversekering dekking verleen teen hael en stormskade!

“Die weer is aan die verander” – Hierdie stelling word al meer gehoor tydens gesprekke. Die afgelope maand het ons groot storms ervaar met vloedskade in die Oos-Kaap en skade weens hael en storms  aan die Oos-Rand. In Amerika het orkaan Sandy geweldige verliese veroorsaak met wind, reën en sneeu. Die weerkundiges en klimaatkenners beweer […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Maak seker dat jou motorversekering dekking verleen teen hael en stormskade!

Begroot nou vir Kersfees-veiligheid op die Pad

Dit is nou reeds tyd om vir padveiligheid oor Kersfees te begin begroot. Dít is die boodskap van die bandevervaardiger Bridgestone, wat sê motoriste moet seker maak hul voertuie is in ’n foutlose toestand voordat hulle Suid-Afrika se vakansiepaaie aandurf. “Baie ongelukke gebeur omdat voertuie onpadwaardig is,” het Mandy Lovell, skakelbestuurder van Bridgestone Suid-Afrika, gesê. […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Begroot nou vir Kersfees-veiligheid op die Pad

Nataniel praat oor vroue bestuurders en konsentrasie op die pad!

Die baie talentvolle Nataniel is nie iemand om sommer stil te bly oor belangrike sake nie – en wanneer Nataniel praat mag ons luister! Dit is veral wanneer dit gaan oor die skoner geslag dat Nataniel ‘n kenner blyk te wees – en dus mag ons maar let op wat hy dink van die bestuur […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Nataniel praat oor vroue bestuurders en konsentrasie op die pad!

Moet jou versekeringspremie daal soos wat jou motor ouer word?

Hierdie is een van die onderwerpe waaroor versekeraars, versekerde kliënte en selfs die tesourie al haaks geraak het. Ten einde die antwoord te vind is dit nodig dat ons van nader kyk na versekering en ook die gevolge van inflasie. Sommige versekeraars gebruik ook hierdie aspek in hul advertensies om voornemende kliënte te oortuig om […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Moet jou versekeringspremie daal soos wat jou motor ouer word?

Wees versigtig met aankope aanlyn en met jou kredietkaart!

Navorsing toon aan dat al minder Suid-Afrikaners kontant met hul saamdra. Ons maak al meer staat op ons debiet – en kredietkaarte met die maak van aankope. Dit kan toegeskryf word aan beide die gerief van ‘n kaart sowel as veiligheidsoorwegings. Dit maak ongelukkig ook die deur oop vir kriminele om toe te slaan op […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Wees versigtig met aankope aanlyn en met jou kredietkaart!

Al meer motoreienaars soek versekering by direkte versekeraars

Die afgelope naweek het Adri Van Zyl berig in Rapport rakende die impak wat strenger regulering het op die kleiner versekeraars. As voormalige nakomingsbeampte by ‘n kleiner finansiële dienste maatskappy is ek vertroud met die streng vereistes deur wetgewing gestel. Ek is heeltemal ten guste van steng regulering en die beskerming van die verbruiker. Dit […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Al meer motoreienaars soek versekering by direkte versekeraars

Waag sonder motorversekering en goedkoper vervoer is jou voorland!

Is jy een van daardie bestuurders wat dit waag op die pad sonder motorversekering? Wat is jou verskoning – is dit dalk dat dit te duur is? Die Arrive Alive webtuiste ontvang gereeld navrae van die publiek oor wat hul te doen staan na ‘n ongeluk waar hulle nou aanspreeklik gehou word deur die ander […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Waag sonder motorversekering en goedkoper vervoer is jou voorland!

Wat moet ek in gedagte hou as ek my gholfkarretjie verseker?

Die afgelope jaar het die Arrive Alive webwerf verskeie berigte ontvang van beserings as gevolg van die onoordeelkundige gebruik van gholfkarretjies. Dit is nou maar so dat hierdie voertuie nie net deur die oordeelkundige gholfspeler gebruik word nie- maar ook deur meer onervare bestuurders. Dit sluit ook kinders in sowel as bejaardes wat nie vertroud […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Wat moet ek in gedagte hou as ek my gholfkarretjie verseker?