Waag sonder motorversekering en goedkoper vervoer is jou voorland!

Is jy een van daardie bestuurders wat dit waag op die pad sonder motorversekering? Wat is jou verskoning – is dit dalk dat dit te duur is? Die Arrive Alive webtuiste ontvang gereeld navrae van die publiek oor wat hul te doen staan na ‘n ongeluk waar hulle nou aanspreeklik gehou word deur die ander party tot die ongeluk vir skade aan sy voertuig.

Wat is die antwoord wat ons aan hulle kan gee? Indien hul nie verseker is nie kan ons hul slegs aanraai om ‘n prokureur te kontak ten einde te verseker dat die ander party nie onnodige kanse waag nie! Indien hul egter verseker was sou hul versekeraar hul kon bystaan nie net om die skade te vergoed aan hul eie voertuig nie – maar ook on kansvatters te vermy.

Al is jy van mening dat jy nie die uitgawes kan bekostig om jou voertuig met omvattende dekking te verseker nie  – is dit onverantwoordelik om nie derdeparty, brand – en diefstaldekking uit te neem nie.

Verdere Derdeparty, Brand-en Diefstaldekking sluit in:

  • Diefstal en kaping
  • Skade aan iemand anders se eiendom – dis reg so, Jou versekeraar sal die ander party namens jou betaal as jy as gereelde bestuurder verantwoordelik vir die skade aan sy/haar goedere was.
  • Insleep- en bergingskostes – ons betaal die redelike koste om jou kar na die naaste hersteller in te sleep ná enige gebeurtenis wat deur jou polis gedek word, en te stoor as jy ons bel.
  • Die besering of dood van iemand anders, veroorsaak deur ’n ongeluk wat jy gemaak het – ons sal R500 vir mediese kostes betaal as iemand beseer is in ’n ongeluk met die versekerde kar.
  • Skade van brand, weerlig en ’n ontploffing – onder weerlig dek ons jou ook vir ’n boom in die gat in die grond…. wat deur weerlig geslaan is en op jou kar geval het.

[Inligting van Virseker]

Indien jy op die pad bestuur en geen ongelukke sien of swak bestuur nie is dit dalk meer verstaanbaar om te waag sonder versekering. Die realiteit in Suid-Afrika is egter swak en roekelose bestuur met onpadwaardige voertuie. Neem liefs nou die besluit om jou voertuig te verseker voordat jy jou vinnig op die voet bevind!

Posted on by jonckie

Comments Off on Waag sonder motorversekering en goedkoper vervoer is jou voorland!