Toyota behou momentum en markleierskap met voertuigverkope in November

Toyota Suid-Afrika Motors het die voorlaaste maand van 2015 met nog ’n maand van onstuitbare markleierskap vir die elfde van die elf maande van die jaar tot nou afgesluit. Toyota is ver voor die kleinhandelbrigade danksy ’n massiewe 11 824 nuwe eenhede wat in November in die aanloop tot die jaarlikse somervakansie van die hand gesit […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota behou momentum en markleierskap met voertuigverkope in November

RAV4 word hersien en verfris

Sedert die bekendstelling van die oorspronklike RAV4 in Suid-Afrika in 1995 (dit is moeilik om te glo dat dit al langer as 20 jaar is) het dié gewilde Toyota-model wat die nutsmotor-omwenteling begin het, reeds drie modelvernuwings ondergaan. Die vierde geslag van die RAV4 is in April 2013 in Suid-Afrika bekend gestel, en was van […]

Posted on by jonckie

Comments Off on RAV4 word hersien en verfris

Toyota begin nuwe droommotor- kompetisie

As jy jou verbeelding vrye teuels kan gee, buitengewoon kreatief is en jonger as 15 jaar oud is, is Toyota Suid-Afrika Motors op soek na jou. En as jy daarvan hou om te teken, moet jy vir die tiende jaarlikse Toyota-droommotor-kunskompetisie inskryf. Die kompetisie strek van 15 November 2015 tot 1 Maart 2016. Die Toyota-droommotorkompetisie […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota begin nuwe droommotor- kompetisie

Stylvolle einde vir Toyota tot 2015-Donaldson-veldtydrenkampioenskap

Die Castrol-Toyota-jaer Leeroy Poulter en sy navigator, Rob Howie (Toyota Hilux) wat die 2015-Donaldson-veldtydrenkampioenskap in die voorlaaste ronde van die reeks reeds beklink het, het die afgelope naweek die kersie op die koek gesit deur die Atlas Copco-450, die eindronde in die 2015-seisoen, oortuigend te wen. Die nuwe kampioene het Vrydag in die voorren vir […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Stylvolle einde vir Toyota tot 2015-Donaldson-veldtydrenkampioenskap

Castrol-Toyota Renspan oorgehaal vir Atlas Copco-450

Die 2015-Donaldson-veldtydrenkampioenskap eindig hierdie naweek met die Atlas Copco-450 wat op 30 en 31 Oktober in die omgewing van Westonaria, Gauteng, beslis word. Dit sal ’n laaste geleentheid vir die Castrol-Toyota-renspan wees om hul oorheersing in die 2015-seisoen te beklemtoon nadat hulle elke ronde in vanjaar se reeks tot dusver gewen het. “Dit was ’n […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Castrol-Toyota Renspan oorgehaal vir Atlas Copco-450

Lof vir Toyota in 2015-Produkgehaltetoekennings

Ipsos Suid-Afrika het pas die 2015-Produkgehaltetoekennings aangekondig, en Toyota Suid-Afrika Motors het uitgeblink met nie minder nie as drie platinum-pryse, ’n goud-toekenning en algehele oorwinning in drie afdelings. Dit bewys net weer dat gehalte absoluut sinoniem met Toyota is. Toyota het platinum-toekennings vir die beste algehele ligtehandelsvoertuig-fabrikaat (LHV) met ’n telling van 33 foute per […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Lof vir Toyota in 2015-Produkgehaltetoekennings

Toyota weer aangewys as wêreld se waardevolste voertuigfabrikaat

Toyota is steeds die wêreld se waardevolste voertuig-fabrikaat en een van die Top 10-handelsname algeheel. Dit volg uit die jongste jaarlikse verslag van die internasionale handelsnaam-agentskap Interbrand. Dit is die vierde jaar ná mekaar dat Toyota die voorste maatskappy in sy sektor is, en sy vertoning is vanjaar versterk deur ’n styging van 16 persent […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota weer aangewys as wêreld se waardevolste voertuigfabrikaat

Toyota neem tweede en derde plekke in 2015 tydrenkampioenskap

    Elvéne Coetzee wen tweede agtereenvolgende navigatorskampioenskap Klas S1600-kampioenskap vir Guy Botterill/Simon Vacy-Lyle Toyota wen vervaardigerskampioenskap Die 2015-Suid-Afrikaanse Nasionale Tydrenkampioenskap is verby, en noudat die stof oor die laaste sneltrajek van die Polokwane-Motor-Tydren, die agtste en ronde van die reeks, gesak het, het die Castrol-Toyota-jaer Leeroy Poulter (Toyota Yaris S2000) as naaswenner uit die […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota neem tweede en derde plekke in 2015 tydrenkampioenskap

Stewige dag vir Toyota SA Dakar renspan in Sneltrajek 3 van Marokko-tydren

Groot duine in Sneltrajek 3 van die vyfdaagse Marokko-tydren het die deelnemers vandag van ’n stewige uitdaging voorsien, en die dag het sonder haakplekke vir die Toyota SA Dakar-renspan verloop. Al twee jaers het hul algehele posisies ná nog ’n gesonde vertoning met een posisie verbeter. Giniel de Villiers en sy navigator, Dirk von Zitzewitz, […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Stewige dag vir Toyota SA Dakar renspan in Sneltrajek 3 van Marokko-tydren

Skoon lopie vir Toyota SA Dakar renspan in Sneltrajek 2 van die Marokko-tydren

Giniel de Villiers sowel as Leeroy Poulter het vandag skoon lopies regdeur die hele Sneltrajek 2 van die Marokko-tydren gehad, hoewel Poulter en sy navigator, Rob Howie, tyd verloor het toe hulle moes stilhou om hul ouergeslag Toyota Hilux se voorste ewenaar te ondersoek nadat hulle kommerwekkende geluide gehoor het. “Alles was egter piekfyn,” het […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Skoon lopie vir Toyota SA Dakar renspan in Sneltrajek 2 van die Marokko-tydren