OUTsurance-kliënte geniet toegang tot onmiddellike mediese hulp ASOOK die naaste gewapende reaksie-eenheid, sonder enige addisionele koste

OUTsurance se innoverende Panic Assistance-funksie op die OUTsurance-app sluit nou ook mediese hulp in. Met dié funksie kan gebruikers mediese hulp of die naaste gewapende reaksie-eenheid
ontbied, wanneer hulle dit nodig het, waar hulle ook al is. OUTsurance-polishouers hoef nie ‘n addisionele premie te betaal nie en diegene wat nie by OUTsurance verseker is nie, kan inteken op
hierdie diens teen ‘n minimale jaarlikse fooi.

Danie Matthee, hoof uitvoerende beampte by OUTsurance sê: “Ons is altyd op soek na geleenthede om te innoveer, veral as dit waarde toevoeg vir ons kliënte – of in hierdie geval, lewens kan red. Met Panic Assistance kan gebruikers gemoedsrus geniet met die wete dat ongeag waar in Suid-Afrika hulle is, hulle onmiddellike hulp kan ontvang in ‘n noodgeval.”

Die Panic Asistance-funksie word gesteun deur tegnologie wat deur AURA ontwikkel is. AURA is ‘n Suid-Afrikaanse maatskappy wat hulself daartoe verbind het om die wêreld ‘n veiliger plek te maak. Hulle platform is ten volle geïntegreer met die OUTsurance-app en bewerkstellig ‘n intydse verbinding tussen die gebruiker en ‘n netwerk van geregistreerde gewapende reaksie-eenhede en
mediese nooddienste. In ‘n noodgeval, sal die naaste reaksie-eenheid so gou moontlik gestuur word na die gebruiker se ligging, soos aangedui op die gebruiker se slimfoon.

Warren Myers, hoof uitvoerende beampte en medestigter van AURA sê: “mens kan aan AURA dink as ‘Uber vir noodgevalle’. Ons is baie trots op hierdie tegnologie en dit is regtig fantasties om te kan kragte saamsnoer met innoverende maatskappye soos OUTsurance wat hulle kliënte se belange bo absoluut enige iets anders stel. Hierdie diens het reeds lewens gered en al waarin ons regtig
belangstel, is om nóg lewens te kan red.”

Panic Assistance vorm deel van OUTsurance se reeks digitale funksies, en word ingesluit by hulle Help@OUT-aanbieding. Dit is beskikbaar op die OUTsurance-app asook op die MyOUTsurance
kliënte-skakelblad en/of op die MyOUTsurance kliënte-skakelblad op die OUTsurance webtuiste. Matthee voeg by: “Alhoewel Help@OUT aanvanklik net verwys het na pad- en tuisbystand, is ons bly dat dit kon groei en ontwikkel in soveel meer. Behalwe vir ons kritiese noodbystanddienste, het ons kliënte ook toegang tot ‘n hele paar digitale funksies wat die lewe so bietjie makliker maak. Ons is verbind tot innovasie – en daar is nog heelwat hiervan om na uit te sien.”

Laai die OUTsurance-app af by die App Store, Google Play of die Huawei App Gallery en volg die stappe om in te teken op Panic Assistance. Jy kan ook drie vriende of familielede by jou intekening
voeg. Klik hier vir meer inligting oor Panic Assistance.

OUTsurance is ‘n gelisensieerde versekeraar en FDV. B’s, V’s en limiete geld. Panic Assistance is beskikbaar aan OUTsurance-polishouers wat vir die diens geregistreer het teen geen addisionele
koste nie. Diegene wat nie OUTsurance-kliënte is nie, kan inteken op hierdie diens teen ‘n jaarlikse fooi van R199.

Hoe werk Panic Assistance?

AURA en die Panic Assistance-tegnologie

Posted on by support

Comments Off on OUTsurance-kliënte geniet toegang tot onmiddellike mediese hulp ASOOK die naaste gewapende reaksie-eenheid, sonder enige addisionele koste